

KORINGHONDJIES (CORN DOGS)
2 koppies bruismeel
¼ koppie suiker
2 eiers
2 eetlepel olie
185 ml melk (volroom)
1 koppie water
1 teelepel sout
kaaswors / viennas
ekstra koekmeel
olie vir diepbraai
Sif die meel, suiker en sout saam.
Voeg res van die bestanddele saam en meng tot ‘n gladde deeg. Laat die deeg 10 min staan.
Druk sosatie-stokkies in die worsie en rol dit in die ekstra meel.
Druk die worsie in die deeg. Gebruik ‘n lang glas met die deeg daarin, dit werk goed.
Bak die bedekte worsies in warm olie tot goudbruin van kleur.
Resep: Albert Venter














