

CHEESEGRILLERS EN MINI CORNDOGS
Cheesegrillers
2 pakke puff pastry
500 g cheesegrillers
Geklitste eier
Aromat
Sny rol deeg in 3. Sit worsies op die deeg en vou mooi toe. Sit op gesmeerde pan. Smeer eier oor en sprinkel bietjie aromat oor. Bak tot lekker goudbruin by 180 ºC ongeveer 15-20 min
Mini corndogs
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ koppie suiker
2 eiers
2 eetlepels olie
¾ koppie melk
1 koppie water
¾ teelepel sout
500 g cheesegrillers opgesny in kleiner stukke
Tande stokkies
Olie vir diepbraai
Sif meel, bakpoeier en suiker saam.
Klits eiers, olie, melk, water en sout saam.
Druk stokkies deur elke stukkie worsie.
Rol worsie in meel dan eiermengsel. Herhaal 3 keer
Braai in olie tot goudbruin
Resep en foto: Ryno en Zelda Herridge






