KORINGHONDJIES (CORN DOGS)

KORINGHONDJIES (CORN DOGS)
2 koppies bruismeel
¼ koppie suiker
2 eiers
2 eetlepel olie
185 ml melk (volroom)
1 koppie water
1 teelepel sout
kaaswors / viennas
ekstra koekmeel
olie vir diepbraai
Sif die meel, suiker en sout saam.
Voeg res van die bestanddele saam en meng tot ‘n gladde deeg. Laat die deeg 10 min staan.
Druk sosatie-stokkies in die worsie en rol dit in die ekstra meel.
Druk die worsie in die deeg.  Gebruik ‘n lang glas met die deeg daarin, dit werk goed.
Bak die bedekte worsies in warm olie tot goudbruin van kleur.
Resep: Albert Venter




SPUTNIEK

SPUTNIEK
4 Frankfrutters
4 middelslag aartappels
houer met meel
4 Frankfrutters, gaar gemaak en laat afkoel
Maak kapokaartapples van 4 middelslag aartappels, laat ook afkoel.
Maak Frankfrutter droog en rol in koekmeel , druk nou die fyn aartappels om die worsie vas, die meel is sodat die kapokaartappels rondom die frankfrutter kan vassit. Rol dan die sputnick  in koekmeel wat bietjie bakpoeier en sout in het.

Sit rukkie eenkant om te stol, in die yskas is die beste.
Rol in geklitste eier gemeng met bietjie melk.
Tel Spudniek op met ‘n eierspaan, want as jy dit optel met vurk druk dit gaatjies in frutter en dan gaan dit skiet in die olie en mens kan brand.
Braai in diep olie tot bruin.
Resep en fotos : Duifie Miller
Tried and loved it. Just mixed some cheese sauce in mash and some grated cheese. Dankie vir die resep.
Foto van Resep: Susan Burger




CHEESEGRILLERS EN MINI CORNDOGS

CHEESEGRILLERS EN MINI CORNDOGS
Cheesegrillers
2 pakke puff pastry
500 g cheesegrillers
Geklitste eier
Aromat

Sny rol deeg in 3. Sit worsies op die deeg en vou mooi toe. Sit op gesmeerde pan. Smeer eier oor en sprinkel bietjie aromat oor. Bak tot lekker goudbruin by 180 ºC ongeveer 15-20 min

Mini corndogs
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ koppie suiker
2 eiers
2 eetlepels olie
¾ koppie melk
1 koppie water
¾ teelepel sout
500 g cheesegrillers opgesny in kleiner stukke
Tande stokkies
Olie vir diepbraai

Sif meel, bakpoeier en suiker saam.
Klits eiers, olie, melk, water en sout saam.
Druk stokkies deur elke stukkie worsie.
Rol worsie in meel dan eiermengsel. Herhaal 3 keer
Braai in olie tot goudbruin
Resep en foto: Ryno en Zelda Herridge




SPUTNIKS MET FYN AARTAPPEL

SPUTNIKS MET FYN AARTAPPEL
Resep: Kity City
Foto: Charmaine Amery Kirsten
FOOD LOVERS RECIPES
Viennas (regte rooies)
Aartappels, sag gekook en fyngemaak met sout en bietjie pietersielie.
(Aartappels moet fyn, fyn gedruk word, geen klonte nie)
**GEEN botter of melk of iets by nie, anders klou dit nie aan die worsies nie.
Laat mash koud word en maak ‘n bolletjie sag in jou hand.
Droog die worsies goed met handdoekpapier en rol mash om worsie.
(as jy sukkel met die lang worsie, halveer hulle).
Plaas op bord en sit in yskas om te set.
Maak ‘n slap degie van:
1 eier
250 ml koekmeel
Genoeg melk vir ‘n slap degie
Bietjie sout
Doop elke sputnik versigtig daarin met jou hand, tange haal die mash af.
Bak in warm diep-olie.
Dreineer.




KRISTIE’S CORNDOGS WITH MAIZENA


KRISTIE’S CORNDOGS WITH MAIZENA
😋My own recipe and photo!
CORNDOGS
1 cup maizena
1 cup flour
¼ cup white sugar
1 ½ tablespoons baking powder
1 egg
1 cup milk
pinch of salt and pepper
8 wooden sosatie sticks
8 classical Russians

In a mixing bowl add the maizena, flour, baking powder, white sugar and salt and pepper.
Mix in the egg and milk into the dry ingredients, till a smooth mixture form and there are no lumps.
In a big pot add the sunflower oil till almost full.
Put on full heat and let it heat up.
If the oil is hot, dip the Russians into the batter till covered thickly, and fry in the oil for three minutes, till golden brown.
Place on a kitchen cloth for the oil to drip off.
Serve with mustard, honey may also be added.

Nota: Net bietjie meer melk kan bygevoeg word as die deeg nog te dik is. Moet loperig wees, maar nie soos melk nie. Worsies moet met kombuispapier afgedroog word as dit nat is, dan klou die deeg mooi om die worsie.

Photo and recipe: Kristie Townsend




NIKKI SE KASERIGE CORN DOGS

 
NIKKI SE KASERIGE CORN DOGS
Deeg.
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2 eiers
1 teelepel sout
Peper
2 koppies melk (of pas aan soos nodig vir ‘n slapperige deeg maar nie te slap nie)
Benodig cheese grillers,Velletjies kaas en sosatie stokkies.

Sit cheese grillers op sosatie stokkie en sit ‘n velletjie kaas om (ekt parmalat se velletjies kaas gebruik)
Vries so 20 min vir kaas om lekker te klou.
Haal uit vrieskas en doop in deeg.
Sit in warm olie vir paar minute tot bruin.
Ek gebruik sommer ‘n lang glas om deeg in te sit dan bedek dit die hele worsie.
Bedien netso of met tamatie sous of mosterd om in te doop.

Bron en foto: Nikki Coetzee
2de foto:  Amanda Conradie




ESKORT CORN DOGS

ESKORT CORN DOGS
375 g coctail viennas
Bamboo stokkies
250 ml polenta
250 ml meel
5 ml bakpoeier
2,5 ml sout
2 eiers
30 ml heuning
30 ml suiker
250 ml bier
Olie vir diepbraai

Klits eiers, heuning en suiker tot suiker opgelos is. Sif droee bestandele saam en meng in by eier mengsel om die beurt met die bier. Sit beslag vir paar minute in yskas.

Druk stokkies deur viennas. Druk vienna op stokkie in meel en skud ergste meel af. Druk viennas nou in deeg. Die meel help dat die deeg beter aan die viennas klou. Diepbraai. As jy klein bietjie deeg in olie gooi en olie vorm borrels om d deeg is die olie warm genoeg om te begin.
FOTO:  Monique Van der Merwe




ALBERT SE CORN DOGS

best-homemade-corn-dogstested
ALBERT SE CORN DOGS
Hier is die proses soos ‘n Sjinees (jip, ‘n Sjinees) dit my geleer het en dit werk beter as al die ander.
Corndogs ook bekend as Hotdogs in Australië en Nieu-Seeland.
Neem jou worsies (Franks werk baie goed), druk ‘n roomys stokkie van die een punt af. Dubbel krummel nou die die worsie (meel, geklitste eier en krummels, herhaal) en plaas in die yskas tot die krummels geset het.
Maak nou ‘n “Beer Batter” aan
1 koppie koekmeel
1 koppie mielieblom (Maizena)
1 – 1½ blikkies bier
Meng goed, moet soos dik emalje verf lyk, dan is dit reg. Doop die gekrummelde worsies hierin, net die worsie, nie die stokkie nie en diep braai in olie teen 170°C.

Bron: Albert Buitenhuis




BOEREWORS PANNEKOEK OP ‘N STOKKIE

boerewors pannekoek op n stokkietested
BOEREWORS PANNEKOEK OP ‘N STOKKIE
Boerewors van jou keuse ( of ander tipe worsies van jou keuse)
125 ml koekmeel
1 plat teelepel bakpoeier
knippie sout
1 eier
100 ml melk
85 ml water
1 teelepel suurlemoensap
60 ml olie
ongeveer 6 groot eetlepels mieliemeel
nog olie vir diepbraai.
(Hoeveelhede hang af van hoeveel wors jy gaan gebruik. Hierdie bestanddele was te veel vir 7 ongeveer 3 duim lang stukke dik boerewors.)
Metode vir Pannekoek:
Meng die meel, bakpoeier en sout. Klits die eiers, melk, water en suurlemoensap en voeg die olie by. Meng die nat en droë bestanddele en klits goed om van alle klonte ontslae te raak. Voeg die mieliemeel bietjie vir bietjie by tot jy ‘n dik, maar nie taai beslag het.
Maak die wors gaar soos jy verkies en sny dit is ongeveer 3 duim lengtes. Druk ‘n stokkie in elkeen. Maak die olie warm tot ‘n druppel van die beslag dadelik sizzle maar nie dadelik bruin word nie. Hou die temperatuur medium, want as die olie te warm is, gaan die beslag te gou verbruin en brand. Doop die worsies in die beslag sodat dit deeglik met ‘n dik laag bedek is en plaas met stokkie en al in die olie. Braai tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.

Bron en foto: Adam Cloete




SPUTNIKS GROOTMAAT

sputnickstested

SPUTNIKS GROOTMAAT
vir 100 worsies
750 gram koekmeel
7 eiers
4 ml koeksoda
15 ml sout
20 ml aromat
4 ml braaispeserye
150 ml kookolie
1 liter louwarm water

Klits eiers, olie en water. Meng droë bestanddele en klits by eiermengsel . Klits tot glad. Maak worsies droog met kombuispapier. Ryg op sosatiestokkie. Sit in deeg en bak dan in warm olie.
Heerlike spudniks… geniet!
Geplaas deur Anet Grove