

ALBERT SE CORN DOGS
Hier is die proses soos ‘n Sjinees (jip, ‘n Sjinees) dit my geleer het en dit werk beter as al die ander.
Corndogs ook bekend as Hotdogs in Australië en Nieu-Seeland.
Neem jou worsies (Franks werk baie goed), druk ‘n roomys stokkie van die een punt af. Dubbel krummel nou die die worsie (meel, geklitste eier en krummels, herhaal) en plaas in die yskas tot die krummels geset het.
Maak nou ‘n “Beer Batter” aan
1 koppie koekmeel
1 koppie mielieblom (Maizena)
1 – 1½ blikkies bier
Meng goed, moet soos dik emalje verf lyk, dan is dit reg. Doop die gekrummelde worsies hierin, net die worsie, nie die stokkie nie en diep braai in olie teen 170°C.
Bron: Albert Buitenhuis






