


GIDEON SE VERFRISSENDE WAATLEMOEN SLAAI
Skil waatlemoen en sny in groterige blokke.
Strooi ‘n klompie mozzarella bolletjies oor.
Sny ‘n paar parmaham velletjies in strokies en draai om jou vinger en vorm rolletjies en plaas dit op die waatlemoen stukke.
Strooi growwe stukke gekapte pekaneute bo-oor.
Sous:
½ koppie korrelmosterd
1 toontjie gemmer, geskil en gerasper
sap en gerasperde skil van twee suurlemoene
bietjie balsamiese asyn
½ koppie olyfolie
Meng alles saam en strooi oor die slaai net voor jy dit opdien en garneer met ‘n bietjie gekapte growwe mint.
1ste Foto: Gideon Louw
2de Foto: Amanda Conradie
Linda Els
Jou waatlemoen slaai is awesome, het feta gebruik, kon nie mozzarella balle kry nie. My slaai sous was, balsamic vinegar, heuning, dash suurlemoensap. Awesome lekker!
Amanda Conradie
Gideon se Waatlemoenslaai. Een van die heerlikste slaaie wat ons nog geëet het. Baie Dankie Rinie en Gideon xxxxxx
Elize de Kock
Die slaai was met bokmelk kaas en was heerlik.







Linda Els
Jou waartlemoen slaai is awesome, het fetta gebruik, kon nie mozzarella balle kry nie. My slaai sous was, balsamic vinegar, heuning, dash suurlemoensap. Awesome lekker
Amanda Conradie
Gideon se Waatlemoenslaai. Een van die heerlikste slaaie wat ons nog geeet het……… Baie Dankie Rinie en Gideon xxxxxx
Elize Grobbelaar
Die slaai was met bokmelk kaas en was heerlik