

BOEREWORS PANNEKOEK OP ‘N STOKKIE
Boerewors van jou keuse ( of ander tipe worsies van jou keuse)
125 ml koekmeel
1 plat teelepel bakpoeier
knippie sout
1 eier
100 ml melk
85 ml water
1 teelepel suurlemoensap
60 ml olie
ongeveer 6 groot eetlepels mieliemeel
nog olie vir diepbraai.
(Hoeveelhede hang af van hoeveel wors jy gaan gebruik. Hierdie bestanddele was te veel vir 7 ongeveer 3 duim lang stukke dik boerewors.)
Metode vir Pannekoek:
Meng die meel, bakpoeier en sout. Klits die eiers, melk, water en suurlemoensap en voeg die olie by. Meng die nat en droë bestanddele en klits goed om van alle klonte ontslae te raak. Voeg die mieliemeel bietjie vir bietjie by tot jy ‘n dik, maar nie taai beslag het.
Maak die wors gaar soos jy verkies en sny dit is ongeveer 3 duim lengtes. Druk ‘n stokkie in elkeen. Maak die olie warm tot ‘n druppel van die beslag dadelik sizzle maar nie dadelik bruin word nie. Hou die temperatuur medium, want as die olie te warm is, gaan die beslag te gou verbruin en brand. Doop die worsies in die beslag sodat dit deeglik met ‘n dik laag bedek is en plaas met stokkie en al in die olie. Braai tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.
Bron en foto: Adam Cloete






