

SPUTNIKS MET FYN AARTAPPEL
Viennas (regte rooies)
Aartappels, sag gekook en fyngemaak met sout en bietjie pietersielie.
(Aartappels moet fyn, fyn gedruk word, geen klonte nie)
**GEEN botter of melk of iets by nie, anders klou dit nie aan die worsies nie.
Laat mash koud word en maak ‘n bolletjie sag in jou hand.
Droog die worsies goed met handdoekpapier en rol mash om worsie.
(as jy sukkel met die lang worsie, halveer hulle).
Plaas op bord en sit in yskas om te set.
Maak ‘n slap degie van:
1 eier
250 ml koekmeel
Genoeg melk vir ‘n slap degie
Bietjie sout
Doop elke sputnik versigtig daarin met jou hand, tange haal die mash af.
Bak in warm diep-olie.
Dreineer.
Resep: Kiti City






