

KOEK SONDER EIERGEEL
6 eierwitte styf geklop met 1 ½ koppies suiker
1 ½ koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 ml sout
1 ml koeksoda
Sif droë bestanddele 4 x saam.
Sif die droë bestanddele nou oor die styfgeklopte eierwit. Vou goed in met ‘n lepel. Skep in voorbereide koekpan en bak 30 min op 180 ºC.
Ek Het sommer vla bo oor gesit. Geniet
Foto: Ronel Muller Thoma






