

ESKORT CORN DOGS
375 g coctail viennas
Bamboo stokkies
250 ml polenta
250 ml meel
5 ml bakpoeier
2,5 ml sout
2 eiers
30 ml heuning
30 ml suiker
250 ml bier
Olie vir diepbraai
Klits eiers, heuning en suiker tot suiker opgelos is. Sif droee bestandele saam en meng in by eier mengsel om die beurt met die bier. Sit beslag vir paar minute in yskas.
Druk stokkies deur viennas. Druk vienna op stokkie in meel en skud ergste meel af. Druk viennas nou in deeg. Die meel help dat die deeg beter aan die viennas klou. Diepbraai. As jy klein bietjie deeg in olie gooi en olie vorm borrels om d deeg is die olie warm genoeg om te begin.
FOTO: Monique Van der Merwe






