



NIKKI SE KASERIGE CORN DOGS
Deeg.
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2 eiers
1 teelepel sout
Peper
2 koppies melk (of pas aan soos nodig vir ‘n slapperige deeg maar nie te slap nie)
Benodig cheese grillers,Velletjies kaas en sosatie stokkies.
Sit cheese grillers op sosatie stokkie en sit ‘n velletjie kaas om (ekt parmalat se velletjies kaas gebruik)
Vries so 20 min vir kaas om lekker te klou.
Haal uit vrieskas en doop in deeg.
Sit in warm olie vir paar minute tot bruin.
Ek gebruik sommer ‘n lang glas om deeg in te sit dan bedek dit die hele worsie.
Bedien netso of met tamatie sous of mosterd om in te doop.
Bron en foto: Nikki Coetzee
2de foto: Amanda Conradie







Geskuif.
Elize Grobbelaar
Ons het jou resep gemaak . Nou nie ons gewone tiepe kos. Maar Saterdag met Rugby Snack en sweet chilli en mosterd dip. Deeg was heerlik. Crispy on the outside. My seun dit gelove. Vir my bietjie ryk, gaan maar omdat ek en kaas nie die beste van maatjies the is. Maar sal voorwaar weer maak. Klein stukkie op cocktail stokkies as ‘n snack.