NIKKI SE KASERIGE CORN DOGS




NIKKI SE KASERIGE CORN DOGS
Deeg.
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2 eiers
1 teelepel sout
Peper
2 koppies melk (of pas aan soos nodig vir ‘n slapperige deeg maar nie te slap nie)
Benodig cheese grillers,Velletjies kaas en sosatie stokkies.
Sit cheese grillers op sosatie stokkie en sit ‘n velletjie kaas om (ekt parmalat se velletjies kaas gebruik)
Vries so 20 min vir kaas om lekker te klou.
Haal uit vrieskas en doop in deeg.
Sit in warm olie vir paar minute tot bruin.
Ek gebruik sommer ‘n lang glas om deeg in te sit dan bedek dit die hele worsie.
Bedien netso of met tamatie sous of mosterd om in te doop.
Bron en foto: Nikki Coetzee
2de foto: Amanda Conradie