


SPUTNIEK
4 Frankfrutters
4 middelslag aartappels
houer met meel
4 Frankfrutters, gaar gemaak en laat afkoel
Maak kapokaartapples van 4 middelslag aartappels, laat ook afkoel.
Maak Frankfrutter droog en rol in koekmeel , druk nou die fyn aartappels om die worsie vas, die meel is sodat die kapokaartappels rondom die frankfrutter kan vassit. Rol dan die sputnick in koekmeel wat bietjie bakpoeier en sout in het.
Sit rukkie eenkant om te stol, in die yskas is die beste.
Rol in geklitste eier gemeng met bietjie melk.
Tel Spudniek op met ‘n eierspaan, want as jy dit optel met vurk druk dit gaatjies in frutter en dan gaan dit skiet in die olie en mens kan brand.
Braai in diep olie tot bruin.
Resep en fotos : Duifie Miller
Tried and loved it. Just mixed some cheese sauce in mash and some grated cheese. Dankie vir die resep.
Foto van Resep: Susan Burger







