

HOENDER “HAM” PIZZA




BILTONG EN AVO PIZZA
1. klaar gekoopte pizza deeg gekoop
2. uie en tamatie stew gebraai,toe bo oor pizza gesmeer
3. biltong bo op gesit.
bietjie peperkorrels
4.kaas bo oor gerasper nie te veel nie
4. paar fyn stukkies tamatie
In oondtjie gesit tot die kaas smelt
getop met avo en gekrummelda feta kaas en WHALA
Resep & foto: Marie Rheeder Troskie




2-INGREDIENT PIZZA DOUGH RECIPE
This fast and easy pizza dough is perfect for when you don’t have time to wait for dough to prove or to play around with yeast.
2 cup self raising flour
1 cup of Greek or natural yoghurt
Extra flour for dusting the board Continue reading→


MAKLIKE PIZZA DEEG
Ons het jare terug, jare lank die volgende maklike pizzadeeg gemaak:
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1/2 koppie vloeistof ( water + melk)
sout.
Meng dit net.
Dis ‘n “smeerdeeg” en dus dikkerig, maar lekker. As jy voel daar moet nog bietjie meer meel inkom om dit ‘n smeerdeeg te maak, voeg by na smaak
Continue reading→
Ek deel egter intussen met julle my ‘GEEN GIS PIZZA DEEG”. Dit werk elke keer!!!
Meng 2 koppies gewone meel,
2 teelepels bakpoeier,
1 teelepel sout,
2/3 koppie melk en
‘n kwart koppie olie in ‘n mengbak. Continue reading→


PIZZA BRAAIBROODJIES
Ek koop gewoonlik groot pizza basisse, maar die kleintjies was op spesial.
In die middel is ham, kaas, tamatie en uie.
Smeer buitekant met olyfolie en braai.
Resep en Foto: Tracey van Zyl
Skil botterskorsie, sny nek gedeelte in 1 cm ringe, smeer al 2 kante met olie(ek gebruik klapperolie) en plaas op rooster rakkie in 180 grade C oond en bak tot lig bruin.
Haal uit oond en smeer tamatiepasta of tamatiesous op bokant.
Braai skyfies tamatie in pan en plaas ‘n skyfie op elke pizzatjie.
Strooi Mozarellakaas bo-op tamatie.
Draai nou rou spek soos rosies en sit dit bo-op kaas.
Bak verder in oond tot goudbruin.
BRON- Annette V Rensburg Westermann


PIZZA IN DIE HALOGEN OONDJIE
Ek koop my klaargemaakte basisse by P&Pay. Die gewone “thin base”. Dan laat ek dit so vir n 10 minute bak netso. Dan haal ek uit en sit tamatiebasis op en weer terug oond toe vir nog so 5 minute. Dan haal ek dit uit en ‘dress’ dit met enigiets. Weer terug oond toe vir so 5 minute. Haal uit en sit kaas bo-op en laat dit net lekker smelt vir so 3 minute.
Nota: Begin op 150°C vir die opwarm en dan op na 220°C vir die bak.
Resep en foto: Eastwood Loftus Nel


FRANSE BROODJIES MET PIZZA TOPPING
Franse brood in skyfies gesny, pizza topping bo-op gesmeer.
Worsies, mossels, olywe, jalapeno’s en baie kaas.
Rooster tot kaas gesmelt is.
FOTO EN IDEE: Louise Venter
You cannot copy content of this page
