HOENDER “HAM” PIZZA

1560645_10152279935278083_203802892_ntested
HOENDER “HAM” PIZZA
Ons pizza was heerlik!! Baie dankie vir die oulike idee.
Ek het die bruismeel en yoghurt kors gemaak en dis ‘n wenner!!
Ek het 50ml Liquid Smoke in die tamatiesmoor gesit en dit het gesmaak soos bacon, al was dit net hoender ‘ham’.
Die ander goetertjies: green pepper, Egiptiese romi kaas, mozerella en parmesan
Foto: Corne Liebenberg



BILTONG EN AVO PIZZA

2014-02-01-img-20140201-01515tested
BILTONG EN AVO PIZZA

1. klaar gekoopte pizza deeg gekoop
2. uie en tamatie stew gebraai,toe bo oor pizza gesmeer
3. biltong bo op gesit.
bietjie peperkorrels
4.kaas bo oor gerasper nie te veel nie
4. paar fyn stukkies tamatie

In oondtjie gesit tot die kaas smelt
getop met avo en gekrummelda feta kaas en WHALA

Resep & foto:  Marie Rheeder Troskie




STEAK PIZZA

1170731_10152982798749460_1698524833_ntested
STEAK PIZZA
Steak Pizza gemaak met gekoopte brood deeg, lekker dun uitgerol, dan is daar tamatie paste opgesmeer, baie fyn gesnyde ham, gebraaide bacon, gebraaide steak in blokkies, sampioene en tamatie skywe, met baie cheddar en mozzarella kaas, hy was so ” vet” dat ek maar die pynappel vir nagereg geeet het.
Foto: Rina Kleinhans



2-INGREDIENT PIZZA DOUGH RECIPE

 

1660851_1461435580745395_628062276_ntested

2-INGREDIENT PIZZA DOUGH RECIPE

This fast and easy pizza dough is perfect for when you don’t have time to wait for dough to prove or to play around with yeast.

2 cup self raising flour
1 cup of Greek or natural yoghurt
Extra flour for dusting the board

In a bowl, combine the flour and yoghurt and bring together to form a ball. Turn out onto a floured board to knead and roll. Knead for 5-8 minutes. Roll into a pizza shape and add toppings. bake for 30 min at 180 degrees C

NOTES
This quantity is suitable for one pizza. This makes a great base that you can use for so many other things such as cheese and bacon scrolls and garlic bread.
If the dough seems a little wet when you mix it, just add a sprinkling more flour. The more you knead it the better it comes together.
I thought in the beginning that there was no way this will work but as I kneaded it, the dough became pliable and stretchy.

JENNIFER




MAKLIKE PIZZA DEEG

naan of pizzatested
MAKLIKE PIZZA DEEG

Ons het jare terug, jare lank die volgende maklike pizzadeeg gemaak:

1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1/2 koppie vloeistof ( water +  melk)
sout.
Meng dit net.
Dis ‘n “smeerdeeg” en dus dikkerig, maar lekker. As jy voel daar moet nog bietjie meer meel inkom om dit ‘n smeerdeeg te maak, voeg by na smaak

Michelle Stanley
500 g high grade flour,
1 sachet yeast ,
1 tbsp olive oil and
300 ml warm water.

Mix and rise for an hour will give you an amazing pizza dough or bread. Quick and simple, no need for a bread machine.




GEEN GIS PIZZA DEEG

naan of pizzapizzadeeg met worsie intested
GEEN GIS PIZZA DEEG

Ek deel egter intussen met julle my ‘GEEN GIS PIZZA DEEG”. Dit werk elke keer!!!
Meng 2 koppies gewone meel,
2 teelepels bakpoeier,
1 teelepel sout,
2/3 koppie melk en
‘n kwart koppie olie in ‘n mengbak.

Roer baie vinnig tot ‘n deeg vorm wat loskom van die kante van die bak.

Maak ‘n bal en plaas in ‘n plastieksakkie in die yskas om koud te word. ( Ek gooi alles in my food processer en meng dit vinnig met die lem. Vat paar sekondes om deeg te vorm.)

Rol uit en gebruik soos enige pizzadeeg.

Nota:  Ek het net my pizzadeeg,  gebruik en so bietjie geinproviseer deur stukkies kaaswors binne in die rolletjies te sit. Pak die rolletjies in ‘n bak, bak in die oond by 180 grade C ongeveer 45 min tot gaar toets

Recipe and photo:  Adam Cloete




PIZZA BRAAIBROODJIES

1525418_3762445437885_1574348332_n
PIZZA BRAAIBROODJIES

Ek koop gewoonlik groot pizza basisse, maar die kleintjies was op spesial.

In die middel is ham, kaas, tamatie en uie.

Smeer buitekant met olyfolie en braai.

Resep en Foto: Tracey van Zyl




PAMPOEN PIZZATJIES

2014-01-17-pampoenpizzatjiestested
PAMPOEN PIZZATJIES

Skil botterskorsie, sny nek gedeelte in 1 cm ringe, smeer al 2 kante met olie(ek gebruik klapperolie) en plaas op rooster rakkie in 180 grade C oond en bak tot lig bruin.
Haal uit oond en smeer tamatiepasta of tamatiesous op bokant.
Braai skyfies tamatie in pan en plaas ‘n skyfie op elke pizzatjie.
Strooi Mozarellakaas bo-op tamatie.
Draai nou rou spek soos rosies en sit dit bo-op kaas.
Bak verder in oond tot goudbruin.

BRON- Annette V Rensburg Westermann




PIZZA IN DIE HALOGEN OONDJIE

pizza in oondjie
PIZZA IN DIE HALOGEN OONDJIE
Ek koop my klaargemaakte basisse by P&Pay. Die gewone “thin base”. Dan laat ek dit so vir n 10 minute bak netso. Dan haal ek uit en sit tamatiebasis op en weer terug oond toe vir nog so 5 minute. Dan haal ek dit uit en ‘dress’ dit met enigiets. Weer terug oond toe vir so 5 minute. Haal uit en sit kaas bo-op en laat dit net lekker smelt vir so 3 minute.
Nota: Begin op 150°C vir die opwarm en dan op na 220°C vir die bak.
Resep en foto: Eastwood Loftus Nel




FRANSE BROODJIES MET PIZZA TOPPING

576672_3596561129866_1266944072_n
FRANSE BROODJIES MET PIZZA TOPPING

Franse brood in skyfies gesny, pizza topping bo-op gesmeer.
Worsies, mossels, olywe, jalapeno’s en baie kaas.
Rooster tot kaas gesmelt is.

FOTO EN IDEE:  Louise Venter