Hier waar ek sit en werk le die pere onder my neus en ek is al so lus vir hulle maar hulle bly te hard. Toe maak ek maar ‘n plan.
Ek het die pere afgeskil en die pitte uitgehaal en suurlmoensap oor gesprinkel. Sit in ‘n glasbak saam met bietjie vars gemmer stukkies, bietjie sout en bietjie water, die stukkies moet so half in die water le, gooi versoeter of suiker oor en sit in die mikrogolf. Laat dit kook so 3 min op ‘n slag, tot die pere lekker sag is. Proe of jou sousie soet genoeg is en voeg bietjie suiker by indien nodig. Continue reading













