GEMMER PERE EN VLA

gemmer pere met vlatested
GEMMER PERE EN VLA

Hier waar ek sit en werk le die pere onder my neus en ek is al so lus vir hulle maar hulle bly te hard. Toe maak ek maar ‘n plan.

Ek het die pere afgeskil en die pitte uitgehaal en suurlmoensap oor gesprinkel. Sit in ‘n glasbak saam met bietjie vars gemmer stukkies, bietjie sout en bietjie water, die stukkies moet so half in die water le, gooi versoeter of suiker oor en sit in die mikrogolf. Laat dit kook so 3 min op ‘n slag, tot die pere lekker sag is. Proe of jou sousie soet genoeg is en voeg bietjie suiker by indien nodig.

Wanner die pere sag is, nie pap nie, gooi bietjie kaneel oor en roer goed deur, maak maizina aan met bietjie water en gooi by jou sousie. Sit in die mikrogolf vir so minuut, roer goed en indien nog nie styf nie sit weer in die mikrogolf tot jou sousie lekker dik is. Ek het die gemmer lekker fyn gesny en ons het dit sommer saam geeet, maar as julle nie van gemmer hou nie, sny so dat jy dit kan uithaal voor jy dit bedien met lekker vla.
Geniet dit, vining en maklik……
Resep en foto:  Rina Kleinhans




GESTOLDE AARBEI NAGEREG

tested

GESTOLDE AARBEI NAGEREG
500 ml water
200 ml strooisuiker
300 g vars aarbeie
5 ml suurlemoensap
1.5 pk pakkies aarbeijellie
3 eiers, geskei

Verhit strooisuiker en water tot kookpunt. Maak aarbeie fyn (hou paar vir garnering) en meng met suurlemoensap.
Roer by suikerwater en verhit net 1 minuut. Laat effens afkoel en voeg jellie by. Roer tot gesmelt. Klits eiergele goed, voeg by en laat afkoel tot net-net dik.
Klits eierwitte styf en vou in mengsel in. Gooi in 1 bak of aparte glasies en sit in koelkas.
Voor bediening kom vars aarbeie, opgesnyde skyfies en ‘n spuitjie room bo-op.
Die oorspronklike resep kom uit Huisgenoot maar het piesangs en meer water, ek het hom aangepas. Ook heerlik met pynappel

Resep en foto van Magde Van der Kolff




JELLIE JOGURT

tested

JELLIE JOGURT
6 pakkies verskillende kleur jellie
water
gelatien
rum, vodka of eninge gegeurde alkol yskoud gemaak
1liter greekstyle jogurt of ening na smaak
Besproei jou vorm liggies.
Gooi ‘n ¾ k water in ‘n pannetjie en gooi 1tl gelatien by,
Verhit op lae hitte en voeg die 1ste pakkie jellie in roer tot opgelos verwyder van stoof en gooi ½k alkol by en roer,
Gooi ongeveer ¾k van die mengsel in die vorm en verplaas na vrieskas om styf te word (NB: moenie dat die jellie heeltemal styf word nie, net tot soos dit lyk soos eierwit anders klou jou lae nie)

In die oorblywende jellie roer so 3 groot eetlepels jogurt in en gooi oor jou 1ste laag as hy reg is en sit terug in die vrieskas, herhaal al die oorblywende pakkies jellie op dieselfde manier tot jou vorm vol is maar nie tot op die rand nie As jy klaar is laat staan oornag in yskas om goed styf te word.
Ek het gevind om in elke laag alkohol in te gooi bietjie te sterk jy kan die alkohol uitlaat en vervang met water of net in sekere lae alkohol ingooi. Geniet !!
BRON- Ilona Turner Chester




WAATLEMOENJELLIE

waatlemoen jellie
WAATLEMOENJELLIE
Iets vir die waatlemoenseisoen wat voorlê.
500 ml verpulpte waatlemoen
30 ml(2 eetl) suiker
30 ml (2 eetl) gelatien
90 ml (6 eetl) water

Druk waatlemoenpulp deur sif om pitte op te vang.
Voeg suiker by en roer tot opgelos.
Spons gelatien oor water en verhit tot deurskynend.
Roer gelatien by waatlemoensap.
Gooi mengsel in bak van ongeveer 15cm x 20cm.Plaas in yskas tot gestol.
Sny in klein blokkies en sit voor met vars waatlemoen stukkies,bloubessies en frambose. Persoonlik dink ek spanspek of enige ander vrugte in seisoen sal ook werk.

Resep ingestuur deur- Thalia Botha-Rondganger




GEBAKTE ALASKA


GEBAKTE ALASKA
Plaas een ronde, gebakte sponskoek op ‘n oondvaste bord.
Bedek met ingelegde vrugte van jou keuse.
Maak 1 liter roomys effe sag en skep bo-op vrugte.
Vorm ‘n koepel.
Bedek heeltemal met tinfoelie en plaas oornag in vrieskas.
OF
Neen ‘n diep ronde plastiek bak, met die form wat jy wil gebruik.  Le uit met kleefplastiek.
Skep genoeg roomys onder in, tenminste ¾ vol, pak laag ingelegte vrugte van jou keuse bo op en heel bo-op ‘n gebakte sponskoek so groot soos die bek van die bak.  Maak toe in kleefplastiek en sit in die vrieskas oornag.   Volgende oggend los die roomyskoek rukkie buite of lig uit met die kleefplastiek op ‘n glasbord of bak waarin jy hom kan bak.  Koeklaag is nou onder.
volg dan die stappe hier onder.

Haal foelie / kleefplastiek af.
Voorverhit Oond op 220 ºC.
Klits 4-6 eierwitte styf en voeg knippie sout en ¾ koppie strooisuiker geleidelik by tot gladde blink meringue.
Smeer bo-oor roomyskoek, bedek heeltemal met meringue.
Plaas roomyskoek vir 3-4 minute in oond. pasop vir brand, net goudbruin.
Bedien dadelik.
Foto:  Suneth van Rensburg

 




PIESANG VORM EN PIESANG ROOMYS

PIESANGROOMYStested
PIESANG VORM EN PIESANG ROOMYS

1 pakkie jelliepoeier
piesangs in skyfies gesny
125 ml suiker
60 ml vla poeier(gebruik meer vla poeier vla moet leka dik wees)
750 ml melk, knypiesout
Maak jellie aan soos gewoontlik, bespuit n ring vorm. Rangskik die piesangskyfies in die vorm en giet jellie oor en hou eenkant. Maak vla met res van die bestanddele en skep oor! Laat stol!

Piesang roomys
1 ryp piesang
150 ml melk
50 ml room
50 g suiker
Maak piesang fyn en meng met die res van die bestanddele!!! Plaas in roomys masjien terwyl hy draai! En laat draai 20 min!
Baie lekker roomys!!!
Resep en foto:  Benhet Niewenhuis




MINI PAVLOVA

 

2014-09-26-minipavlovatested

MINI PAVLOVA

Hier is een van my nageregte. Het als self gemaak, inkluis die neute, maar nie die konfituur nie. Hier is mini pavlova, klein sjok koek met gat in wat gevul is met sjok & carame sous, tuigemaak en dan die roomys met crembo (weet nie of julle dit in SA het nie)
Als werk by my konkoksie gewys, net die naam klink groot, dis basiese skuimpie resep, geklitste room en dan het ek die kersie konfituur bo-op.
As ek nou hier skryf hoe ek die skuimpie basis gemaak het, spring `n paar mense dalk op my hehe.
3 eierwitte van klein eiers
1 k wit suiker
dan as klaar geklits voeg ek 1 el asyn by (moenie vra hoekom, ek sien die resepte se so haha)
en dan 1 eetlepel cornflour, ook sommer net, en dan knippie sout.
Gebak by 130 gC net so oor `n uur en toe oond af en daar gelos. Dit het so `n mooi sjamanje kleur

ROOMYS
kry mens die sweetypie in SA? OK, dan moet julle die roomys so maak:
4 van hulle (sweetie pie)
200 ml room en knippie sout wat mens nie moet weglaat.
Klits die room tot styf, dan gooi jy daai 4 net so in en klits als fyn, goou sout by en vries. Ek het resep 3 maal aangemaak en in klein glasies gevries.

BRON- Sonja Zino




PINEAPPLE AND LEMON SOUFFLE

pineapple and lemon souffletested
PINEAPPLE AND LEMON SOUFFLE

4-6 people
3 eggs
½ to 1 teaspoon finely grated lemon rind
150 ml castor sugar
10 gm powder gelatine
Medium can pineapple
2 tablespoons lemon juice
125 ml fresh cream
To decorate:
125 ml fresh cream
Pineapple
METHOD:
Separate the egg yolks from whites and put yolks into a basin with lemon rind and castor sugar,
Beat until thick and creamy
Soften the powder gelatine in 125 ml of pineapple syrup from can of pineapples, then dissolve over low heat, add to the egg mixture together with finely chopped pineapple and lemon juice, leave some pineapple for decoration.
Allow mixture to cool and stiffen slightly, then fold in lightly whipped cream and stiffly beaten egg whites.
Put into prepared soufflé dish and leave to set.
Decorate top with left over pineapple and cream
ENJOY
Photo and recipes:  John Gattinger




ESTELLE SE HEERLIKE JELLIEPOEDING

Passion Jellie 1tested
ESTELLE SE HEERLIKE JELLIEPOEDING
2 pakkies pynappel jellie
2 koppies kook water
2 koppies koue water (maak jelly aan)
Voeg 1 blik fyn pynappel stukkies by, en 1 blik kondensmelk, meng goed deur en laat staan oor nag in die yskas. Hemels!!!

Resep en foto: Estelle Lombaard

 




HEERLIKE JELLIE NAGEREG

heerlike jelly nageregtested
HEERLIKE JELLIE NAGEREG
Die nagereg is eintlik vreeslik eenvoudig.
1 pakkie aarbei jelly aangemaak soos op pakkie, plaas dit in glase van jou keuse en sit skuins in n bak in yskas.
1 pakkie aarbei kits poeding , room bo op en dan vrugte van jou keuse

Resep en foto:  Natasja Bekker

Nota: mens kan enige jellie en kits poeding van jou keuse gebruik