

MAKETAANSTUKKE MET VARIASIE
Resep: Hilda Harvie
Foto: Hilda Harvie
FOOD LOVERS RECIPES
kalkwater: 15 ml/1 eetlepel kalk op 3.4 liter water
6.8 liter water vir elke 3.5 kg stukke
Sny maketaan in ringe, die breedte wat die stukke moet wees soos verkies.
Sny dan die sagte deel uit en los die harde deel vir die stukke, ook in die dikte wat nodig is.
Skil nou die groen skilletjie dun af.
Prik elk langwerpige stuk met vurk of kapper baie goed, al die wit dele moet deurskynend wees.
Sny dan in blokkies soos verkies en maak seker stukkies is deeglik geprik.
Week oornag in kalkwater (15 ml/1 eetl. kalk op 3.4 liter water). Ek gebruik so 6.8 liter water vir elke 3.5 kg stukke.
Volgende oggend dreineer water af en spoel BAIE goed af onder koue water. Continue reading













