MAKETAANSTUKKE MET VARIASIE

MAKETAANSTUKKE MET VARIASIE
Resep: Hilda Harvie
Foto: Hilda Harvie
FOOD LOVERS RECIPES

kalkwater: 15 ml/1 eetlepel kalk op 3.4 liter water
6.8 liter water vir elke 3.5 kg stukke

Sny maketaan in ringe, die breedte wat die stukke moet wees soos verkies.
Sny dan die sagte deel uit en los die harde deel vir die stukke, ook in die dikte wat nodig is.
Skil nou die groen skilletjie dun af.
Prik elk langwerpige stuk met vurk of kapper baie goed, al die wit dele moet deurskynend wees.
Sny dan in blokkies soos verkies en maak seker stukkies is deeglik geprik.
Week oornag in kalkwater (15 ml/1 eetl. kalk op 3.4 liter water). Ek gebruik so 6.8 liter water vir elke 3.5 kg stukke.
Volgende oggend dreineer water af en spoel BAIE goed af onder koue water.
Kook nou stukke in kokende water vir omtrent 15 minute todat stukke mooi helder kleur het.

Maak stroop:
Vir 3.5 kg vrug:
15 koppies suiker
15 koppies water
12 eetlepels suurlemoensap
gemmer (Ek kap my gemmer met kombuishammertjie en bind dit toe in ‘n sakkie wat ek sny uit net)
1 teleepel sout

Kook alles saam tot die goed borrel en gooi die stukke een vir een in kokende stroop.
Stroop moet aanhoudend kook terwyl stukke ingegooi word.
Kook tot stroop lekker dik is en doen die pieringtoets in vrieskas met stroop.
Gewoonlik as die stroop so geel skuimpie maak dan raak dit gaar. (ondervinding)
Laat staan vir ‘n rukkie tot ergste stoom af is en bottel.
GENIET!!

Maketaan met Pynappel:
vir 3.5 kg gemaalde maketaan – 1.5 kg gemaalde pynappel
knippie sout
10 eetlepels suurlemoen
3.750 kg suiker (375 gr vir elke 500 g vrugte)

Gebruik die binneste sagte deel van Maketaan.
Haal pitte uit en maal dit. Ek gebruik die Twister, dit werk die beste.
Vir elke 3.5 kg gemaalde maketaan, gooi 1.5 kg gemaalde pynappel by.
Kook saam vir 15 min met 2 koppies water in.
Gooi knippie sout en 10 eetlepels suurlemoen by.
3.750 kg suiker (375 gr vir elke 500 g vrug)
Kook totdat die kleur mooi ligte caramel is en toets ook in die yskas (pieringtoets).
Bottel warm en maak seker lugborrels is uit voor toemaak.

Hierdie Maketaan het 25kg geweeg en het 47botteltjies gelewer…..My laaste een wat le en wag is 37kg….Sal seker volgende week by hom uitkom….Het een van 41kg so 3 weke gelede gedoen en het 98 botteltjies uit hom gekry.




INGELEGDE HALWE NARTJIES OF LEMOENE


INGELEGDE HALWE NARTJIES OF LEMOENE
Foto: Hilda Harvie
FOOD LOVERS RECIPES
Vandag vir die eerste keer halwe nartjies gedoen. Het al die lemoene gedoen. Werk presies dieselfde, nartjies net moeiliker omdat die skille sagter is. Pak baie moelik, maar heerlik. Resep in kook en geniet gekry, maar bietjie verander soos ek goed voel. Nartjies en lemoene dieselfde resep.

Halwe Nartjies:
4 kg klein nartjies
koeksoda: 1 eetlepel op 3 – 4 liter water

Sny die nartjies in halwes. Lê in water vir 2 dae.
Dreineer water af en weer skoon water op vir nog 1 dag.
Na die 3 dae, maak seker nartjies is mooi skoon en alle stingeltjies en merkies is af.
Kook nou tot skilletjies sag is in kookwater met bietjie koeksoda in (1 eetlepel op 3-4 liter)
Sodra agterkant van vuurhoudjie maklik kan ingaan, is dit gereed.
Hou die nartjies in die kookwater tot stroop om in te kook gereed is.

Stroop:
4 liter wate
3 kg suiker
sap van 3 suurlemoene, ± 12 eetlepels suurlemoensap
knippie sout

Kook die water en voeg die suiker by.
Meng sap van die suurlemoene en sout ook by.
Sit nou die warm nartjies wat nog in kookwater lê (ek skep myne sommer met my meelsif uit) in kokende stroop en kook tot nartjies mooi en deurskynend is.
Hoe vinniger dit kook, hoe ligter sal die kleur wees. Doen die pieringtoets in vrieskas om dikte van stroop te bepaal. Kooktydperk ten minste een uur.
Bottel warm.




ANNATJIE SE HEEL STUK MAKATAAN KONFYT

ANNATJIE SE HEEL STUK MAKATAAN KONFYT
Sny die makataan in skywe en sny die binneste dele uit . Skil die buitenste dik stukke en prik goed van alle kante en sny in 50 mm blokke.
Gebruik 5 liter water en gooi 45 ml koeksoda in en los dit op. Plaas dan die blokke in die oplossing en laat staan oornag.
Spoel dan die volgende oggend die stukke goed af en plaas in skoon water tot dit gekook gaan word
Gebruik 5 liter water en 3 kg suiker en 20 ml suurlemoensap en verhit die oplossing stadig tot kookpunt en kook dan vir nog 10 min.
Halveer die stroop en hou die ander helfte warm.
Plaas dan 1 kg stukke met verdrag in die kokende stroop.
Moenie laat dit ophou kook nie. Plaas twee of drie stukke gekneusde gemmer by en kook tot die stukke deurskynend is. Dit duur omtrent 1 1/2 uur.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Herhaal dan met die volgende kg stukke en vul die sous aan as dit minder raak met die sous wat warm gehou word.
Sorg dat die stroop waarin jy kook altyd kook.
Ek het drie kg stukke gedoen met die sous.
Nota:  Annatjie Kotze
Baie mooi gekom…Gideon! pragtig! en as jy dit die groen kleur wil behou…gooi jy so ‘n mespuntjie blou vitrioel in die kokende stroop voor jy die stukke begin insit…te kry by Apteke..as ek nie maketaan kan kry nie…doen ek dit met gewone waatlemoen ook wat lekker dik skil het…sny net die rooi van waatlemoen goed uit…ek bly nou in Hartenbos…kry gladnie hier rond nie..sal seker kry as ek rondvra…soek paar pitte…dan plant ek dit self..lekker eet en geniet dit…my mond water nou..van lus.
Bron: Annatjie Kotze
Foto: Gideon Louw




TOFFIE APPEL KONFYT

TOFFIE APPEL KONFYT
TOFFIE SOUS
100 g botter
100 g suiker
4 eetlepels dik room

APPEL
600 g Granny Smith appels – geskil, klokhuisies uit
100 ml water
2 eetlepels suurlemoensap
250 g suiker
Vanilla
Sny die appel in stukke (ek verkies dit in redelike groter stukke wat nie so maklik sal wegkook nie). Gooi klokhuisies en skille in net genoeg water om dit te bedek. Kook tot sag, gooi deur sif, gebruik net die vloeistof om die appel stukke in te kook tot sag maar nie pap. Voeg suiker by en los op. Voeg vanilla na smaak by (ek het nie) en suurlemoensap na smaak. Ek verkies dit met ‘n skerp genoeg surigheid om soos ‘n vars Granny Smith te proe. Kook tot meeste van die vloeistof weggekook het en die mengsel effens geset is.
Maak karamel/toffie sous = smelt die suiker oor medium hitte tot goudbruin. Moenie roer nie!!!!!! Voeg room en botter by, roer tot gladde sous. Verwyder van hitte en laat effens afkoel (dit vergemaklik die proses om dit te bottel.
Pak lae appel in gesteriliseerde warm bottels, met ‘n dun lagie karamel/toffie sous oor, herhaal lae tot aan onderkant van bottel se nek. Seël tot “vinger tight” en kook bottels in waterbad vir 10 minute sodat vakuum kan vorm. Verwyder en draai deksels stywer vas.
Ek het die oorskiet saam met room op wafels as poeding bedien.
Dit is ‘n redelike morsige en tydsame proses, maar is iets nuuts en anders.




KRISTIE’S ORANGE JAM

KRISTIE’S ORANGE JAM
5 oranges peeled and orange slices set aside
1/4 cup lemon juice
1 tablespoon maizena
2 cups castor sugar

In a small pot add the orange slices and make the pot a 1/4 full of boiling water.
Let the orange simmer on low heat for 45min.
After simmering remove the water that form on top.
Blend the oranges with a blender till smooth and add to the stove.
Add the castor sugar, lemon juice and maizena to the oranges.
Let simmer again for at least 30min.
Remove the access water on top.
Set aside to cool.
Source and Photo: Kristie Townsend




VRUGTESLAAI KONFYT

VRUGTESLAAI KONFYT
‘n Konfyt met ‘n besondere geur. Probeer dit op warm roosterbrood of croissants.
250 g droë appelkose, gesnipper
500 ml water
1 blik (470 g) fyn pynappel in stroop
125 ml lemoensap
60 ml granadillapulp
750 ml suiker
3 groot piesangs, gesnipper
Laat week die appelkoosstukkies oornag in die water. Meng die volgende dag die appelkose en die weekwater en pynappel saam in ‘n kastrol. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 15 minute. Voeg die sap en granadillapulp by, verlaag die hitte, bedek en laat prut vir 10 minute. Voeg die suiker by en roer tot gesmelt (moenie kook nie). Voeg die piesang by, verhit weer tot kookpunt en laat prut onbedek vir ongeveer 20 minute of tot die konfyt begin stol as ‘n bietjie op ‘n koue piering geskep word. Laat staan vir 5 minute en giet dan die warm konfyt in gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.
Lewer 1,5 liter konfyt.
Foto; Lelane Van Der Walt
Resep geplaas deur Lelane Van Der Walt




ELSABIE SE WILDSPASTEITJIES MET SPINASIE KAPOKAARTAPPELS


ELSABIE SE WILDSPASTEITJIES MET SPINASIE KAPOKAARTAPPELS
Resepte en foto”s:  Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Wildsvleis pasteitjies op my manier gemaak met warm Arabiese kruie mengsel, rooiwyn en ‘n lekker groot skep van my tuisgemaakte rooiuie marmelade met pienk peperkorrels. Bedien langs ryk en romige aartappels met spinasie blare. Ek dink dit sal op enige gastro pub se menu pas……… selfs my deeg is tuisgemaak.
Kookwater-pastei deeg (uit Snowflake boek)
Bros deeg wat perfek werk vir die onderkant van pasteitjies omdat dit ordentlik deur bak sonder om taai te wees. Ek vind dit die beste deeg vir wildspasteitjies wat ek sommer in my medium grootte muffin panne maak.
125 ml kookwater
125 g botter of margarine (ek gebruik botter dit smaak ook lekkerder)
500 ml (280 g) bruismeel (of koekmeel + 2t bakpoeier)
2 ml sout

Smelt die botter of margarine in die kookwater. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng die kookwater mengsel by tot ‘n sagte deeg vorm. Ek gebruik my deeghak in my menger.
Gooi in ‘n plastiek sakkie en sit in die yskas vir ten minste ‘n uur of tot yskoud. {*op hiedie stadium kan jy dit ook vries vir latere gebruik}.
Op ‘n meelbestrooide oppervlak, druk die deeg plat en rol uit tot 3mm dik. Sny vorms soos verlang, voer pannetjies of oondbak uit met die deeg. Sny dekseltjies vir die bo-kante, maak ‘n gaatjie in sodat die stoom kan ontsnap. Sit die koue vleis vulsel in en maak toe met die dekseltjie. Smeer die kante nat met bietjie water op jou vinger, knyp die deeg toe en verf met geklitste eier of melk met bietjie suiker in.
OF
Maak dit soos ‘n wasgoedbondeltjie met die koue vleis vulsel binnekant en bak in gesmeerde muffin pannetjies soos onder.
Bak by voorverhitte oond by 200C vir vanaf 20min tot 40min afhangende van hoe groot die pasteie is. Hulle moet mooi goudbruin bo-op wees.
Resep vir die vulsels:
http://www.foodloversrecipes.com/2017/05/gestoofde-wildsvleis-vir-pasteie/
****
Rooiuie en pienk peperkorrel marmalade {ET}
1 kg rooi uie, in helfte gesny en dan in halwe ringetjies
200 g marmelade (ek het ‘n bottel lemoen & rooibostee marmelade in die yskas gehad)
300 ml rooiwyn (as dit nie goed genoeg is om te drink nie is dit nie goed genoeg vir die kos nie)
100ml rooiwyn asyn (ek het net druiwe asyn gehad en dit werk)
3 teelepels heel korrel mosterd (of net die korreltjies soos ek gebruik)
30 ml bruinsuiker
½ koppie sultanas of bosbessies (cranberries), opsioneel
25 ml olyf olie vir braai.
Jy kan enigiets soos lekker groot knippie gedroogde rissie vlokkies (of vars) peperkorrels ens bysit na smaak.

Braai die uie in die olyf olie tot deurskynend, voeg die sultanas, cranberries, peperkorrels, suiker, rissies, mosterd by en prut stadig totdat die suiker opgelos het (so 10min). Voeg die wyn- en asynmengsel by en prut totdat die uie sag en die sultanas/cranberries uitgeswel is. Skep alles uit met ‘n gaatjie lepel en los die vloeistof in die pot. Voeg die marmelade by en prut totdat die sous lekker dik is. Laat afkoel en skep die rooi uie mengsel terug in die pot. Meng goed en skep in gesteriliseerde glas bottels en seël.
Plaas in die yskas en probeer om nie oop te maak vir ten minste ‘n week sodat die geure en smake goed kan kombineer.
Heerlik saam met rooi vleis en veral op toebroodjies met pastrami en ham, lekker skerp kaas en roket. Genoeg vir so 2 x ½ liter botteltjies.

Fluffy sexy mash:
So vernoem deur my vriende en familie omdat die hoeveelheid room en botter die sexy kurwes in plek hou! Gebruik ‘n melerige aartappel soos Valor, Sifra of Up-to-date, kook in so min as moontlik water tot gaar. Hierdie variteit sal begin uitmekaar breek as dit gaar is en dis reg so. Kook heeltemal droog en sit vars room en genoeg botter by om dit lekker klam te maak en sout na smaak, druk fyn. Jy kan selfs ‘n balon whisk gebruik om dit op te klop tot dit fluffy is. ‘n Knippie neutmuskaat ook lekker. As jy dit saam met vark bedien sit ‘n groot teelepel korrelmosterd by en as jy dit met vis bedien is, ‘n bietjie wasabi heerlik daarby.
Met ‘n hoender gereg roer ek bietjie horseradish in. Vir die vark tjoppies, braai in pan in min olie tot net gaar. Vir ‘n bykos maak ek gekarameliseerde uie deur uie te braai en bietjie bruinsuiker by te gooi. Roer braai tot dit begin verbruin en taai word. Voeg ‘n blikkie tertappels by en braai tot dit warm is. Bedien op die vark tjops. Geniet!
By die mash op die foto het ek eenvoudig die baba spinasie blare vinnig gaargemaak en toe by die klaargemaakte mash ingevou.

Weereens perfekte deeg vir pasteitjies. Dis die kookwater degie in die resep. Hierdie deeg was van groot hoeveelheid wat ek aangemaak en in sakkies gevries het vir latere gebruik.




ELMARIE’S CHILII JAM

ELMARIE’S CHILII JAM
600 ml grape vinegar
1 kg sugar
150 g chillies
150 g yellow pepper (red and green is also good)

Disolve sugar in vinegar over heat without sturring. Blend chillies and pepper in foodblender. When sugar is disolved you put chillie mix with sugar and vinegar. Cook for 10 min, stand for 10 min, put in sterrilized bottles.
Wholla!!

RECIPE AND PHOTO:  Elmarie Botha Bouwer




GLOUTJIE SE APIE BOTTER

GLOUTJIE SE APIE BOTTER
5 stewige medium grote piesangs, sonder kneusplekke
1 groot blik fyn pynappel
¼ koppie fyn klapper
3 koppies suiker
3 eetlepels suurlemoensap (in bottel)

Sny piesangs fyn en sit saam met ander bestanddele in ‘n pot. Verhit, roer kort-kort. As dit kook stel die hitte laer en prut tot dik. Roer maar aanhoudend, aangesien dit maklik kan aanbrand. Skep in gesteriliseerde botteltjies en seël.
Die konfyt is baie soet maar baie lekker.
Bron en foto: Gloutjie Barnard




MAKETAAN STUKKONFYT

MAKETAAN STUKKONFYT

Skil die maketaan.
Sny in skywe
Verwyder die pitte en binneste vlesige gedeelte. (jy kan jam daarvan kook)
Nou prik jy daardie skywe baie deeglik aan alle kante
Weeg dan voor jy die skywe in stukkies sny.
Nie te groot nie maar ook nie te klein nie …so 4cm.
Sny dit dan in blokkies en plaas dit in kalkwater oornag.
12,5 ml kalk op ‘n liter water.
Laat die kalk baie goed afsak voor jy die water oorgiet.

Volgende oggend kook jy jou stroop:
kg vir kg en 4 x 250ml water op elke kg.
Maak ekstra want die stroop kook baie weg.
Voeg ook stuk gekneusde droë gemmer by asook sap van n suurlemoen.
Laat 2 minute kook.

Hou warm.
Spoel die geweekte stukke deeglik af en bring in skoon water tot kookpunt.
Dit moet goed vir 10 minute kook voor jy dit uitlig, dreineer en in warm stroop plaas
Bring tot kookpunt en laat ten minste 2 ure kook
Laat oornag en kook dan volgende dag tot glansend en stroop lekker dik is.
Bottel warm.

Resep en Foto: Greta Bester