Eie weergawe
6 perskes, gesnipper
2 uie
1 teelepel kerrie
½ teelepel borrie
1 eetlepel suiker (tot 2 eetlepels suiker, eie keuse hoe soet u dit wil hê)
knippie sout
¼ teelepel rooipepper
1 teelepel fyn koljander
5 naeltjies
100 ml cake mix( rosyne, gesnipperde dadels, eie keuse)
100 ml cake mix( rosyne , gesnipperde dadel u keuse.
Verhit asyn tot kook en voeg gesniperde perskes en uie by.
Kook tot sag. Voeg al die ander bestanddele by en kook weer. Laat afkoel en bedien as slaai.
Resep en foto deur Nella Koostra















