HEEL GROEN VYE INGELE
Ek het wonderlike resep gekry, neem 12 koppies suiker, 15 koppies water, stukkie droë gemmer en kook vir 5 min, sny kruisie in vye en gooi in stroop, kook op medium hitte vir 45 min, draai stoof af en laat staan oornag in pot, volgende oggend kook nog vir 30 min, draai stoof af en laat vye koud word instroop, maklikste resep ooit. Ek het my vye in roomys bakke geskep en in die vrieskas gesit
Geplaas deur Enna Nieuwoudt Coetzee
Foto: Elsje Stolk









Elsje Stolk
Ek het hulle met ‘n klam lap afgevee en net gedoen wat die resep sê. Hulle het glad nie pap gekook nie.
Elsje Stolk
Hier is my eind produk! Ek is so in my noppies ek kan nie dink ek het dit nog nooit probeer nie!! Ek het 3 x 1L bottels propvol gekry en nog ‘n bottel vir my bediende wat natuurlik my proefkonyn was en sy kon nie ophou praat van die lekker vye nie baie dankie vir almal se raad