NELLA SE PERSKE ATJAR

perske atjartested
NELLA SE PERSKE ATJAR

Eie weergawe
6 perskes, gesnipper
2 uie
1 teelepel kerrie
½ teelepel borrie
1 eetlepel suiker (tot 2 eetlepels suiker, eie keuse hoe soet u dit wil hê)
knippie sout
¼ teelepel rooipepper
1 teelepel fyn koljander
5 naeltjies
100 ml cake mix( rosyne, gesnipperde dadels, eie keuse)
100 ml cake mix( rosyne , gesnipperde dadel u keuse.

Verhit asyn tot kook en voeg gesniperde perskes en uie by.
Kook tot sag. Voeg al die ander bestanddele by en kook weer. Laat afkoel en bedien as slaai.
Resep en foto deur Nella Koostra




DRUIWESAP

druiwesaptested
DRUIWESAP
1 ½ koppie druiwe
½ koppie suiker

Was die druiwe en plaas hulle in ‘n gesteriliseerde bottel. Voeg ½ koppie
suiker by en maak vol met kookende water.
Maak die bottel toe.
Plaas die bottel dan in warm water vir so 30 minute en kook pruttend teen 180
grade. Laat die bottel staan vir so 6 maande voor dit gebruik word.

Debbie Willemse
was jou druiwe,sit die bottels in n skottel met kookwater,maak bottels vol druiwe en gooi vol kookwater gooi 2 eetleppels hening in ekt somer suiker gebruik,roer so evens dat die suiker oplos en skroef toe en bere,ekt myne so 2 weke gelos

Foto: Debbie Willemse




Pickled Grapes

 

pickled-grapes-4

(adapted from Molly Wizenberg’s recipe here)
makes 2 quarts
2 pounds seedless red grapes washed
3 cups red wine vinegar
2 1/4 cups sugar
1 tablespoon black peppercorns
1 tablespoon yellow mustard
1 teaspoon sea salt
1 teaspoon cumin seed
15 whole cloves
8 bay leaves
4 sticks cinnamon
Wash and stem the grapes. Using a sharp knife, cut off the very tip of the grape, right where the stem meets it.
Place prepared grapes into two clean quart jars.
Meanwhile, heat the vinegar and all the remaining ingredients over medium heat for about 10 minutes. Stir occasionally to make sure the sugar has fully dissolved.
Pour the hot liquid, and all of the whole spices, into the grape-filled jars. Use your fingers to shove the cinnamon sticks and bay leaves down into the jar. Set aside, uncovered, while the pickling liquid cools, for about an hour. Screw on lids, turn jars upside-down a few times to distribute the spices, and place in the fridge overnight to cure.
The grapes will take on more and more flavor as they continue to steep. I like them best 24 hours later when the flavor to firmness ratio is just about perfect, though they should keep well for four or five days.




PEER EN GROEN SOETRISSIE BLATJANG

background-pere-op-skaal-compressed.jpg
PEER EN GROEN SOETRISSIE BLATJANG
1,4 kg stewige pere (groenskil) geskil en klokhuisie verwyder
3 groen soetrissies ontpit
225 g (375 ml) rosyne
1 ui geskil
skil en sap van 3 suurlemoene
300 ml appel asyn
350 g (450ml) suiker
15 ml sout
25 ml fyn gemmer
10 ml neutmuskaat
10 ml gemengde speserye
125 g “blackcurrant” jam
5 ml mosterdsaad
Maal pere, soetrissie, rosyne en ui. Voeg saam met res van bestanddele in ‘n kastrol, bring tot kookpunt, prut vir 1 uur, roer gereeld. Bottel en verseel.
Maak omtrent 3 bottels.
Bron: Sandra Visagie




DRUIWE CHUTNEY (BLATJANG)

druiwe chutneytested
DRUIWE CHUTNEY (BLATJANG)
3 kg vrugte
1 – 2 kg uie, gekap
4 ½ koppies suiker
3 koppies wit asyn
2 eetlepels kerrie
2 eetlepels borrie
1 eetlepel sout
5 eetlepels maizena

Kook vrugte, uie, asyn en suiker vir 20 min. Voeg speserye by en kook weer 20 min. Maak Maizena met bietjie water aan en voeg by, kook 5 min en bottel.
RESEP: Debbie Willemse
Foto:  Annelise Engelbrecht en  Marelize Van Wyk




SUURLEMOENSMEER OM TE BOTTEL

2014-12-17-suurlemoensmeertested
SUURLEMOENSMEER OM TE BOTTEL
Foto:  Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPE
Mens kan hierdie smeer bottel en bere in die spens en gebruik vir so baie goed soos bv. :
Vul tertdoppies daarmee
Versier ‘n gewone vanilla koek daarmee saam met heerlike styfgeklopte room
Heerlik bo-op ‘n pavlova voordat jy die vars vugte daarop rankskik
Ook heerlik op tuisgebakte skons, saam met room
7 ml botter
3 eiers
280 ml suiker
Gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene

Smelt die botter in ‘n metaalbak oor ‘n kastrol waarin water stadig prut. Klits die eiers een vir een en voeg by. Voeg die suiker by en klits totdat dit opgelos is.

Hou aan met klits terwyl jy die surlemoensap en –skil byvoeg. Roer aanhoudend vir sowat 20 min terwyl die bak oor die pruttende water gehou word. Die suurlemoensmeer sal dik word. Laat afkoel tot kamertemperatur sodra dit gereeld is.
OM DIE SMEER TE BOTTEL: Verdubbel die resep, vul warm voorbereide bottels met die warm smeer, en seel die bottels dadelik




CORRIE SE MANGO ATJAR

tested
CORRIE SE MANGO ATJAR
Hierdie resep maak mens maar so op gevoel, maar dit is heerlik – probeer gerus!

Ek het by ‘n Indiese vriend die resep gekry en dit is heerlik.
± 10 kg uitgeswelde groen mango’s
Was en sny mango in 4 stukke, haal pit uit, gooi growwe sout oor, los vir 24 uur, gooi water af, laat staan 24 uur.

Gooi garlic, ginger, Achar Marsala te koop by Indierwinkel oor mangos, meng goed, gooi nou kookolie oor bedek heeltemal met gaasdoek.
Ek het ‘n 20 liter emmer gebruik, kan na 2 weke begin gebruik.

Die garlic en ginger is ongeveer so groot soos ‘n klein peanut botteltjie, die marsala ongeveer 2 desert lepels, dit kan jy ingooi soveel jy daarvan sal hou, ek skat dit naastenby soos ek van dit hou.
Geniet

RESEP:  Corrie Joubert




INGEMAAKTE PYNAPPELS

ingemaakte pynappels
INGEMAAKTE PYNAPPELS

Skil die pynappels,sny alle ogies uit en sien toe dat daar geen kneusplekke aan is nie. Sny die stronk met ‘n appelboor uit. Sny die vrugte oordwars in skywe of oorlangs in lang repe op. Die skywe kan weer in wiggies of blokkies opgesny word.
Maak die pynappels in volgens die oopkastrol- of waterbad metode. Vir albei metodes is dit nodig om vooraf ‘n matige stroop van 200g wit suiker vir elke 500ml water te kook.
Pynappelringe kan aantreklik in flesse gepak word. Plaas die ringe met ‘n gesnyde kant teen die wand van die fles en hou dit in posisie met pynappelwiggies of -blokkies. Plaas ‘n rooi of groen glanskersie in die opening waar die stronk was.
Oopkastrolmetode:
Kook die pynappelringe of -stukke 20 tot 30 minute lank matig vinnig in die stroop. Pak dit in inmaakflesse en vul die flesse tot oorlopens toe met die kokende warm stroop. Verwyder die lugblasies, indien enige, en verseel die flesse dadelik.
Waterbadmetode:
Kook die vrugte 5 minute lank in kookwater en dompel dit daarna in koue water. Dreineer die vrugte en pak dit in inmaakflesse. Vul die flesse met die kokende stroop, verseel dit en draai die skroefringe styf vas, maar draai dit dan ‘n halwe draai los.
Plaas die flesse op ‘n rakkie of vals boom in ‘n waterbad en vul die kastrol met sterk warm water totdat die flesse bedek is. Verhit die water en steriliseer die pynappels 25 minute lank by 100*C.
Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas.
GLANSPYNAPPELRINGE
Skil ‘n pynappel, sny dit in 1cm dik skywe op en sny die stronkgedeelte van elke skyf uit. Posjeer die pynappelringe in ‘n bietjie water tot net sag en plaas dit op ‘n draadrak om te dreineer.
Meet 300ml van die posjeervloeistof af en voeg 175g wit suiker daarby. Verhit dit stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Plaas die pynappelringe langs mekaar in n vlak bak en bedek dit met die stroop. Bedek die bak met waspapier en laat die ringe 24 uur lank by kamertemperatuur in die stroop masereer (staan).
Dreineer die pynappelringe op ‘n draadrak in ‘n vlak pan of skinkbord en giet die stroop wat daarin opgevang is terug by die in die kastrol. Voeg 50g wit suiker by die stroop, verhit dit stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Plaas die pynappelringe terug in die vlak bak, giet die stroop oor, bedek dit en laat dit weer 24 uur masereer. herhaal hierdie proses 5 keer en voeg elke keer 50g wit suiker by die stroop.
Herhaal die proses weereens, maar voeg 75g witsuiker by en laat die ringe 48 uur masereer. herhaal die proses nog ‘n keer, voeg weer 75g wit suiker daarby, maar laat die ringe 4 dae masereer. Die stroop moet nou die dikte van heuning hê en die ringe kan tot 3 weke daarin gelaat word. Bedek dit steeds met waspapier.
Om die glasering te voltooi, droog die ringe ‘n paar uur lank in ‘n koel oond uit en draai die ringe gedurende die proses 1 keer om.
Verpak die glanspynappelringe in lae in ‘n karton- of houthouer met waspapier tussen in.
Resep: Lekker vir later (Anette Human)
Foto: geleen
Posted: Amanda Conradie




HEEL GROEN VYE INGELE

groen vye elsjetested

HEEL GROEN VYE INGELE
Ek het wonderlike resep gekry, neem 12 koppies suiker, 15 koppies water, stukkie droë gemmer en kook vir 5 min, sny kruisie in vye en gooi in stroop, kook op medium hitte vir 45 min, draai stoof af en laat staan oornag in pot, volgende oggend kook nog vir 30 min, draai stoof af en laat vye koud word instroop, maklikste resep ooit. Ek het my vye in roomys bakke geskep en in die vrieskas gesit

Geplaas deur Enna Nieuwoudt Coetzee
Foto:  Elsje Stolk




INLê VAN PERSKES

2014-11-01-konserve5_pixgood

INLê VAN PERSKES
Groot perskes halveer en ontpit
Klein perskes kan heel gehou word
Skil dun af
Matige Stroop
200g suiker
500ml water
Kook dit tot n matige stroop
METODE:
Kook perskes in water tot sag
Dreineer goed en kook verder in stroop vir so 5-10 min
Pak vlesse lekker vol en gooi stroop oor tot oorlopens
Verwyder al die lugblasies en Verseel dadelik
N.S..2-3 pitte in stroop gekook smaak lekker haal net uit voor bottle
Geplaas deur Rina Kleinhans