

MEV KOOY SE INGELEGTE UIE
3 kg uie, gesny soos verkies, gekook vir ‘n rukkie, maar nie pap nie
5 koppies suiker
1 ½ teelepel sout
9 XL eiers
6 teelepels mosterdpoeier
2 baie hoogvol eetlepels maizena (hierdie is die outydse ou aanslaan eetlepels so kyk net en verdik soos verkies)
650 ml wit asyn
Continue reading
Category Archives: Inlê Groente / Bottled Vegetables
RISSIE PERI PERI “RELISH”


RISSIE PERI PERI “RELISH”
Dit is baie lekker.
125 ml asyn
45 ml tamatie pasta
30 ml sonneblom olie
15 ml suiker
10 ml sout
3 groot uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
20 na 30 groen en rooi rissies, fyngekap
Meng alles in ‘n pot en bring tot kookpunt. Laat dan verder op ‘n lae hitte vir ongeveer 1 uur prut totdat die meeste vog verdamp het. Bottel warm. Bêre in yskas as bottel oopgemaak is.
Resep en foto: Stoney Steenbergen
VEELSYDIGE TAMATIE EN UIE SMOOR


VEELSYDIGE TAMATIE EN UIE SMOOR
2 kg tamaties, in stukke gesny
500 gram gekapte uie
1 ½ (een en ‘n half) koppie suiker
1 koppie asyn
1 gekapte soetrissie
2 teelepels fyn gekapte knoffel
peper en sout indien verlang
Kook alles saam vir 30 tot 40 min.
Continue reading
MAKLIKE BEET BLATJANG


MAKLIKE BEET BLATJANG
500 ml asyn
750 ml suiker
6 x 250 ml gaar beet, in blokkies gesny
15 ml kerrie poeier
5 ml sout
45 ml mielieblom
Kook alles saam behalwe die mielieblom vir so 10 min.
Maak mielieblom aan met bietjie water en gooi by en kook verder vir 5 min.
Bottel warm, heerlik saam met enige vleisgereg.
Resep: Mariska Rossouw
Foto: Susanna Kruger
RISSIE PERI-PERI SMOOR


RISSIE PERI-PERI SMOOR
125 ml asyn
45 ml tamatie pasta
30 ml sonneblom olie
15 ml suiker
10 ml sout
3 groot uie fyn gekap
2 knoffelhuisies fyn gekap
20 na 30 groen en rooi rissies fyn gekap Continue reading
PETRÉ SE UIE MARMELADE


PETRÉ SE UIE MARMELADE
1 kg uie, in dik skywe gesny
½ koppie Balsamiese asyn
½ koppie bruin asyn
1 ½ koppies bruin suiker
1 teelepel sout
¼ koppie olyf olie
Plaas alles in ‘n groot genoeg kastrol.
Plaas op stoof en kook vir om en by 1 uur tot ‘n lekker dik stroop vorm.
Bottel warm.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld
INGELEGTE WORTEL, UI EN MURGPAMPOEN GROENTE


INGELEGTE WORTEL, UI EN MURGPAMPOEN GROENTE
So speel ek met murgpampoen
1 kg groente. Wortel, murgpampoen en uie lang repies gesny .Groente is alles rou.
Piekelsous gemaak.
3 koppies asyn
3 koppies water
sout na smaak
2 teelepels knoffel
1 eetlepel mosterd
1 eetlepel swartpeper korrels
1 koppie olyfolie.
Ek het die bestanddele vir die piekelsous bymekaar gemeng en in die fles gegooi en dan die bewerkte rou groente bygevoeg en goed gemeng. Deksel opgesit en gebere in die yskas.
Resep en foto: Maritha Blaauw
INGELEGDE PEPPERDEWS


INGELEGDE PEPPERDEWS
Ek het ‘n botteltjie ingelegde peppadews (pikante rissiepepers) by my vriendin Hanlie Cronjé Swart gekry.
200 g skoongemaakte ryp peppadews
1 koppie asyn
125 ml suiker
2.5 ml sout
Kook bogenoemde tot suiker opgelos is. Sit die stoof af en gooi die peppadews in die oplossing terwyl dit warm is. Laat afkoel en bottel.
Resep: Hanlie Cronjé Swart
Foto: Elna Erasmus
GEROOSTERDE GEBOTTELDE KNOFFEL HUISIES


GEROOSTERDE GEBOTTELDE KNOFFEL HUISIES
Vat soveel knoffel bolle as wil of het. Sny die bo punt van die bol af sodat elke huisie oop is. Sit die knoffel bolle op foelie. Maal swart peper en sout bo op elke bol. Gooi nou olyfolie op elke bol – moenie skaam wees met die olie nie: dit moet by al die huisies in. Maak die foelie toe en bak teen 200°C vir so 45 minute to ‘n uur totdat die knoffel sag is.
As jy grlukkig is, behoort jy nou die onderkant van die knoffel bol te kan druk en die huisies sal na boonto uit peuel. Indien jy sukkel daarmee breek jy die huisies uit mekaar uit en druk dan aan die onderkant en die knoffel sal uit glip.
Continue reading
OORNAG PICALILLY


OORNAG PICALILLY
Vir die pekel:
2 liter koue water
100 g sout
Was en kap die volgende groente in stukkies. Onthou jy smeer die picalilly op n broodjie en moet dit lekker kan hap.
Gerkins, wortels, murgpampoentjies, komkommer, blomkool in stukkies gebreek en 2 groot uie. Als saam so +-2kg.
Week die groente met die pekel oornag vir +-12 ure. Dreineer goed volgende oggend. Continue reading

