

VEELSYDIGE TAMATIE EN UIE SMOOR
2 kg tamaties, in stukke gesny
500 gram gekapte uie
1 ½ (een en ‘n half) koppie suiker
1 koppie asyn
1 gekapte soetrissie
2 teelepels fyn gekapte knoffel
peper en sout indien verlang
Kook alles saam vir 30 tot 40 min.
Meng en voeg by:
1 eetlepel mosterdpoeier
1 eetlepel kerrie
1 eetlepel sout (indien jy alreeds ingegooi het, proe eers)
1 hoogvol eetlepel maizena
1 eetlepel hoogvol koekmeel
½ (halwe) koppie asyn
Kook goed deur.
Skep in gesterliseerde bottels en seël.
Nota: Kan ook in vrieskas gevries word.
Resep en foto: Georgie van der Walt






