1

VEELSYDIGE TAMATIE EN UIE SMOOR

VEELSYDIGE TAMATIE EN UIE SMOOR
2 kg tamaties, in stukke gesny
500 gram gekapte uie
1 1/2 (een en ‘n half) koppie suiker
1 koppie asyn
1 gekapte soetrissie
2 teelepels fyn gekapte knoffel
peper en sout indien verlang

Kook alles saam vir 30 tot 40 min.
Meng en voeg by:
1 eetlepel mosterdpoeier
1 eetlepel kerrie
1 eetlepel sout (indien jy alreeds ingegooi het, proe eers)
1 hoogvol eetlepel maizena
1 eetlepel hoogvol koekmeel
1/2 (halwe) koppie asyn

Kook goed deur.
Skep in gesterliseerde bottels en seël.
Nota:  Kan ook in vrieskas gevries word.
Resep en foto: Georgie van der Walt