

INGELEGTE WORTEL, UI EN MURGPAMPOEN GROENTE
So speel ek met murgpampoen
1 kg groente. Wortel, murgpampoen en uie lang repies gesny .Groente is alles rou.
Piekelsous gemaak.
3 koppies asyn
3 koppies water
sout na smaak
2 teelepels knoffel
1 eetlepel mosterd
1 eetlepel swartpeper korrels
1 koppie olyfolie.
Ek het die bestanddele vir die piekelsous bymekaar gemeng en in die fles gegooi en dan die bewerkte rou groente bygevoeg en goed gemeng. Deksel opgesit en gebere in die yskas.
Resep en foto: Maritha Blaauw






