

INGELEGDE PEPPERDEWS
Ek het ‘n botteltjie ingelegde peppadews (pikante rissiepepers) by my vriendin Hanlie Cronjé Swart gekry.
200 g skoongemaakte ryp peppadews
1 koppie asyn
125 ml suiker
2.5 ml sout
Kook bogenoemde tot suiker opgelos is. Sit die stoof af en gooi die peppadews in die oplossing terwyl dit warm is. Laat afkoel en bottel.
Resep: Hanlie Cronjé Swart
Foto: Elna Erasmus






