

SAGONAGEREG MET APPELKOOSKONFYT
50 ml (4 eetlepels) sago
1000 ml (4 koppies) melk
50 g (5 eetlepels) suiker
Knippie sout
35 g (3 eetlepels) botter
4 eiers (geskei)
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
5 ml (1 teelepel) karamel geursel
65 g (4 eetlepels) appelkooskonfyt (ek gebruik meer)
37,5 ml (3 eetlepels) suiker
Week die sago oornag in 250 ml (1 koppie) van die melk.
Verhit die res van die melk en voeg die sago, suiker en sout by.
Kook tot dit gaar en deurskynend is.
Die beste is om dit in ń groot genoeg mikrogolfoondbak te maak, want dan
kan dit nie aanbrand nie. Op 80% hitte, roer baie goed na elke minuut, totdat mengsel lekker dik en deurskynend is.
Voeg die botter en geklitste eiergele by.
Voeg die geursel by en gooi die mengsel in ń gesmeerde oondskottel.
Bak by 180ºC vir 35 minute lank.
Verwyder van hitte en smeerdie konfyt bo-oor. ( ek maak my konfyt so effens lou in mikrogolf, dan smeer dit makliker).
Klits die eierwitte styf en voeg 3 teelepels suiker geleidelik by.
Skep dit bo-op die nagereg.
Bak verder tot dit ligbruin is bo-op.
Resep en foto: Christel Swart






