

VEELSYDIGE TAMATIESOUS – SMOOR
Die sous is liplekker en kan in baie geregte gebruik word.
Dis ewe lekker met of sonder die groen/rooi pepers.
Kan gebruik word vir:
Pap en sous
Lasagne (Los pepers uit en gooi 15 ml Italian herbs by)
Spagetti en Frikadelle (ek rol sommer balletjies lekker boerewors)
Koud as ‘n salsa
Boerewors rolletjies
Spagetti bolognaise (los die pepers uit en gooi 15 ml Italian Herbs by)
Ek gooi fyngesnyde spinasie in aan die einde van die kookproses en prut nog ‘n paar minute. Meng met Spagetti en sny gebraaide varkworsies in – Kinders LIEF dit en kry so groente in sonder dat hul dit besef 😊
Verhit bietjie olyf olie in ‘n dikboom pot.
Braai een ui – klein gesny – tot sag en gekarameliseerd.
Meng by 1/2 groen en rooi peper klein gesny (optioneel).
Braai bietjie knoffel saam vir ‘n paar sekondes.
Gooi in 2 blikkies tamatie/uie smoor.
Gooi by en meng:
60 ml fyngesnyde pietersielie
250 ml tamatie puree
125 ml All Gold tamatie sous
1 Opgehoopte eetlepel Paprika
Sout en peper (moet nie die peper weglaat nie)
80 ml Worcestershire sous
suiker na smaak (so opgehoopte eetlepel)
250 ml water
Proe, Proe, Proe! Die balans tussen sout/peper/suiker/en suur van die tamaties moet reg wees. Maar dit ontwikkel met tyd soos wat die sous prut.
Bring tot kookpunt en prut dan vir ‘n uur of langer op nr 2 tot sous geurig en dik is.
Roer so nou en dan. Pasop vir aanbrand.
Foto en Resep deur Glenda Diane Emmerson






