MEV KOOY SE INGELEGTE UIE


MEV KOOY SE INGELEGTE UIE
3 kg uie, gesny soos verkies, gekook vir ‘n rukkie, maar nie pap nie
5 koppies suiker
1 ½ teelepel sout
9 XL eiers
6 teelepels mosterdpoeier
2 baie hoogvol eetlepels maizena (hierdie is die outydse ou aanslaan eetlepels so kyk net en verdik soos verkies)
650 ml wit asyn
Meng droë bestanddele.
Klits eiers, suiker en asyn.
Voeg nat en droog bymekaar.
Meng deur dat dit klontvry is (ek meng van die suiker met die maizena en voeg bietjie asyn by. Die grof van die suiker help dat daar nie klonte vorm nie)
Verhit stadig en soos dit begin verdik, voeg uie by en kook deur dat alles warm is, pasop vir aanbrand.
Bottel warm.
Hierdie is baie heerlik en selfs kinders lief dit.
As die mosterd te sterk deurkom, roer net kondensmelk by wanneer jy opdien, heerlik!
Resep geplaas deur Rene Haasbroek
Foto: Annatjie de Klerk








