

GOEDKOOP TUISGEMAAKTE SOUSBONE
500 g gedroogde sousbone
1 teelepel sout
1 koppie suiker
1 koppie asyn
Week die sousbone oornag.
Volgende oggend:
Bedek met skoon water en kook vir 10 minute. Plaas in vergittes en spoel die bone onder lopende kraan. Herhaal die proses. (Proses is belangrik om om winderigheid te voorkom.) Bedek dan met genoeg water en kook tot sag (ek gebruik ‘n drukkoker, gaan vinnig). Voeg al die ander bestanddele by en kook weer vir 10 – 15 minute maar pasop om te lank te kook. Laat effens afkoel en bottel. Hou goed tot drie maande. Sit in yskas as die bottel oopgemaak is. Continue reading





