SANDWICH SPREAD – TOEBROODJIESMEER
3 wortels
1 groot ui
1 groot komkommer
1 rooi soetrissie
1 geel soetrissie
1 groen soetrissie
Bruin asyn (genoeg om die groentemengsel te bedek)
Mayonnaise na smaak (maak die mengsel net lekker nat met dit) Continue reading
RYK SJOKOLADEKOEK
RYK SJOKOLADEKOEK
Sjokoladekoek – Ryk en romerig
My vriendin Salomé het eendag hierdie koek by die werk geëet en die resep in die hande gekry. Dit is ‘n maklike koek wat nie baie skottelgoed maak nie en in ‘n plat bak gebak word – nie koekpanne en versiersel en wat nog nie.
Smelt saam en laat effens afkoel:
220 g botter
½ koppie kakao
1 teelepel koffiepoeier
1 koppie kookwater
Klits saam
2 eiers
1 ½ kop suiker
Voeg die kakao en kookwatermengsel by die eiers. Continue reading
FLOPVRYE KERSKOEK
FLOPVRYE KERSKOEK
Ook bekend as due NEVER FAIL CHRISTMAS CAKE
Food Lovers Market se vrugtekoekmengsel kan gebruik word in plaas van die sultanas, korente, skil en rosyntjies.
Kook die volgende saam vir 20 minute oor lae hitte:
500 g botter of margarien
2 koppies korente
2 teelepel koeksoda
2 teelepel kaneel
2 koppies suiker
2 koppies rosyne
2 koppies sultanas
2 teelepels gemmer
½ teelepel neutmuskaat
2 koppies water Continue reading
WORTELKOEKKONFYT
WORTELKOEKKONFYT
1.5 kg wortels geskil en gerasper
1.5 kg pere geskil en blokkies gesny
2 groot pynappels geskilen fyn gemaal
0.50 teelepel sout
125 ml suurlemoensap
1 eetlepel vanilla
0.50 teelepel neutmuskaat
0.25 ml kaneel
8 koppieswitsuiket
4 koppies bruinsuiker Continue reading
WILDEBEES KASTAIINGS
WILDEBEES KASTAIINGS
Braai 125 g egte botter uit vir ghee
Stroop:
375 ml suiker
250 ml water
suurlemoensap na smaak
Kook alles saam.
Deeg:
500 ml koekmeel
2 hoogvol teelepels bakpoeier
sout
Sif alles saam en vryf 3 teelepels ghee in. Continue reading
RYS IN DIE OOND
RYS IN DIE OOND
Maak perfek gekookte rys in die oond.
Rys gekook in die oond kook eweredig, sodat jy nie met verbrande rys tot aan die onderkant van jou pot sal eindig nie. U kan bruin rys of wit rys gebruik met hierdie tegniek.
‘n Nederlandse oond is ‘n goeie keuse. Maar jy kan ook ‘n vlak bakkie of pan met ‘n deksel gebruik, solank beide pot en deksel veilig is vir beide stooftop en oond.
As jy nie ‘n pot met ‘n deksel het nie, kan jy ‘n bakkie bedek, dit moet net styf pas en goed werk. Met kookgerei is ‘n deursigtige pot perfek, want jy kan in ‘n oogopslag vertel hoeveel vloeistof in die pot gelaat word. As die deksel stoom verloor of verwyder word, sal dit baie langer neem om dit weer op temperatuur te bring en die rys gekook kry. As jy gelukkig is (dws jy het ‘n goeie oondlig en ‘n skoon oondvenster), kan jy dit nagaan sonder om eers die oonddeur oop te maak. Continue reading
POEDING LEKKER PATATS
POEDING LEKKER PATATS
Patats wat amper proe soos poeding.
WAARSKUWING: Maak genoeg dit gaan vinnig opgeeet word.
Kook patats half gaar met bietjie water.
Gooi water af.
Sprinkel donker bruinsuiker oor en klontjies botter met bietjie stroop of heuning (ek ver kies heuning dan proe dit nie so erg soet nie) en laat begin kook.
Gooi nou bietjie melk en so kwart tot half teelepel koeksoda by afhangende van hoeveel patats jy het en prut verder. Dit maak ‘n skuim sous in die begin wat sal afkook na ‘n lekker sous toe.
Geplaas deur Tersia Brink
GLISERIEN VERSIERSEL EN VULSELS
GLISERIEN VERSIERSEL EN VULSELS
125 g sagte botter/margarien
1 koppie versiersuiker, gesif
1 eiergeel
2.5 ml gliserien
75 ml kakao
Meng alles saam en smeer op een koekie en sit die ander koekie bo-op.
Geplaas: Gillian Kruger Vermeulen Continue reading
SKILFERKORSDEEG IDEES
SKILFERKORSDEEG IDEES
Neem een rol skilferkors deeg en rol oop.
Kies 1 van die volgende idees en smeer nou van die volgende bestanddele oor die deeg en rol op. Plaas in die yskas vir ‘n half uur. Haal uit sny in skywe en plaas op gesmeerde bakplaat en bak by 200 ºC tot gaar ongeveer 20 – 30 minute.
Idees:
1.
Sakkie opgekapte olywe, en sakkie gegeurde gedroogte tamaties, met 1 sakkie groenpesto, gekrummelde rooi en groen soetrissies, Feta kaas, en 2 koppies gerasperde kaas. Smeer oor uitgerolde deeg, plaas in yskas vir half uur sny in skywe en plaas op gespuite bakplaat en bak.
2.
2 koppies opgekapte gedroogde vye
1 koppie opgekapte hazel neute
1 bloukaas gekrummel
1 bottel heuning
sesame saad
Smeer soos volg oor uitgerolde deeg,
Drizzle heelwat van die heuning oor, sprinkel opgesnyde vye oral oor die deeg en sprinkel bloukaas oral oor en dan die Neute, eindig met Sasame saad bo oor.
Rol op en plaas in yskas vir ‘n half uur. Haal uit en sny in skywe en bak op goed gesmeerde pan tot gaar.
3.
Botter
2 koppies sprinkel grondboontjies
1 blik tert appels gedreineerd
suiker en kaneel gemeng
Smeer botter oor uitgerolde deeg en rangskik die appels op die deeg, sprinkel kaneelsuiker oor en dan grondbone bo oor.
Rol op en plaas in die yskas vir ‘n half uur haal uit en rol op en sny in skywe plaas op goed gesmeerde bakplaat en bak tot lig bruin.
4.
Marmite
fyn gesnyde biltong
gegeurde groen en rooi soetrissie feta kaas
“Green onion Smooth” gegeurde roomkaas
2 koppies gerasperde Cheddar kaas
Rol deeg uit en smeer met Marmite, smeer bietjie van die roomkaas bo oor en sprinkel die biltong bo oor, sprinkel die Feta kaas oor en dan die gerasperde Cheddar kaas. Rol op en plaas in yskas vir ‘n half uur, haal uit, sny in wiele en plaas op goed gespuite bakplaat en bak tot lig bruin.
5.
sprinkel grondbone of neute
1 blik karamel
kaneel en suiker gemeng
Peppermint Crisp
Rol deeg uit en smeer met karamel, strooi kaneelsuiker en neute oor.
Rasper heelwat Peppermint Crisp oor, rol op en plaas in yskas vir ‘n halfuur. Haal uit en sny in skywe plaas op goed gespuite bakplaat en bak tot lig bruin.
Geplaas deur: Yvonne Jones
WENKE VIR AARTAPPELS EN BESSIES
WENKE VIR AARTAPPELS EN BESSIES
Ek het so pas ‘n tip gelees wat ek nog nie vantevore van gehoor het nie –
Om aartappels langer vars te hou, bêre in donker plek saam met appels. Die appels gee ethylene gas af. Dis ‘n gas wat groei en ontwikkeling van plante reguleer.
Om bessies langer vars te hou – spoel af in ‘n mengsel van 1 deel asyn tot 3 dele water. Spoel daarna af in vars water, dreineer goed en bêre in yskas.
Wenke: Petro Borchard