1

GEURIGE HOENDERLEWERTJIES


GEURIGE HOENDERLEWERTJIES

500 g hoenderlewertjies
200 ml koekmeel
250 ml melk
“Sweet chillie” sous
Aromat
Olie om in te braai
100 ml Sesame saad
Lê lewertjies bietjie in melk. Druk droog met handdoek papier. Rol eers in meel en dan in sesame saad. Braai apart in olie tot gaar. Gebruik min olie. As alles klaar is, gooi olie weg, en sit lewertjies terug in pan. Voeg die “Sweet Chillie” sous by en laat verhit. Verwyder pan van hitte en laat lewertjies nog 5min in sous staan. Bedien warm op roosterbrood of geniet dit net so of koud vir ‘n versnappering.
Resep geplaas deur: Lorraine Witz Brand