RANDKOEK GEMMER- EN SJOKOLADEVULSEL
Twee heerlike flan vulsels.
GEMMERVULSEL
1 kopppie water
¾ koppie suiker
stukkie botter
1 gelyke eetlepel vlapoeier
1 teelepel gemmer
Kook die water en suiker saam. Sit ‘n stukkie botter in die water. Laat goed kook.
Meng vla en genoeg water om te meng en voeg by die suiker water.
Wanner gekook het haal van hitte af voeg die gemmer by die mengsel, meng deur laat afkoel.
Skep in die flan en laat afkoel.
Die mengsel moet lekker dik wees soos melktert vulsel.
SJOKOLADEVULSEL
2 oz botter (56 g)
2 eetlepels melk
1 teelepel vanilla geursel
1 eetlepel kakao, opgehoop
4 eetlepels versiersuiker
Smelt die botter in die pot. Haal die pot van die stoof af.
Meng al die bestanddele in die pot buiten die versiersuiker
Roer met ‘n houtlepel tot glad. Plaas terug op stoof en laat dit net opkook.
Voeg die versiersuiker by en meng deeglik. Laat afkoel en skep in flan.
Resepte: Marie Nel