
WENKE – ASYN DEEL 1
Asyn & Gebruike
‘n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het, maak dit weer sag.
‘n Verfkwas met harde hare kan 30 minute lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel.
‘n Bietjie asyn in die olie, verhoud dat vleis wat in krummels gerol is, gou vasbrand
in die pan.
‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.
‘n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels.
Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn Continue reading











