WENKE – ASYN DEEL 1
Asyn & Gebruike
‘n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het, maak dit weer sag.
‘n Verfkwas met harde hare kan 30 minute lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel.
‘n Bietjie asyn in die olie, verhoud dat vleis wat in krummels gerol is, gou vasbrand
in die pan.
‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.
‘n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels.
Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn
Asyn en koeksoda maak vir ‘n baie goeie bleikmiddel, ontsmettingsmiddel (disinfectant) en werk beter as Handy-Andy.
Asyn en sout aan vleis gesmeer, sal verhoed dat dit gou bederf en vleis sag te maak.
Asyn en warm water kan ontslae raak van ‘n mierplaag.
Biervlekke kan uit ‘n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.
Citrus Soda en asyn maak ‘n aangebrande pot sommer vinnig skoon!
Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water waarin dit kook gegooi word.
Gebruik een deel asyn met twee dele lyn-olie in ‘n spuitbottel. Skud goed en spuit en smeer en poleer aan soos meubelpolitoer.
Gooi ‘n bietjie asyn en suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen.
Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder olie.
Gooi asyn by vleis om dit sag te maak.
Handdoeke wat hard uit die was kom – veral in brak water – word sag gemaak deur die handdoeke in warm water met seep en
ongeveer ‘n handvol sout by (los die sout op in die water) gegooi is. Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit.
Spoel weer maar gooi so 3 eetlepels wit asyn in die laaste uitspoelwater.
Bron- BOERERATE & VERBRUIKERS-WENKE