
VOORKOM DAT SONNEBLOM SADE GROEN RAAK IN GEBAK
Om te voorkom dat sonneblom sade groen raak wanneer jy dit in gebak gebruik saam met koeksoda, voeg so 10-15 ml appel asyn/witasyn by jou beslag, dit voorkom die verkleuring en breek ook die koeksoda smaak.
Rou sonneblomsade verkleur groen in mengsels wat koeksoda bevat indien hulle nie eers vinnig in ‘n bietjie olie of botter gebraai of in kookwater gaargemaak word nie.
Rina Kleinhans






