GROEN TAMATIE ATJAR
6 pond groen tamaties, (3 kg)
3 pond uie (1.5 kg)
2 koppies suiker
2 x 750 ml bottels wit asyn* Lees nota onderaan
1 desert lepel borrie (12.5 ml)
2 desertlepels mosterd poeier (25 ml)
1 desertlepel kerrie (12.5 ml)
3 eetlepels koekmeel
¼ koppie sout
½ teelepel rooi peper
Skil. En sny tamaties in skyfies -strooi sout oor en laat oornag staan. Dreineer volgende oggend al die water af. Sny die uie en voeg by.
Voeg ook 1 en n halwe bottel asyn en 2 koppies suiker by. Kook saam tot uie gaar is. Meng al die ander bestanddele goed met res van die suiker en asyn. Voeg by en laat nog 10 minute kook. Roer gereeld en pasop vir aanbrand. Bottel warm. Baie lekker. Ek weet ongelukkig nie hoeveel ml sal n desertlepel of ‘n eetlepel wees nie.
Geniet!!!!
RESEP: Anet Grove ( Resep van my oorlede moeder, oorsprong onbekend).
Foto: Antoinette Schultz – Heerlik saam met vleis. Ek sal so bietjie minder asyn gebruik volgende keer. Dis bietjie te suur. Of half asyn en half water meng.
geskuif
Heerlik saam met vleis. Ek sal so bietjie minder asyn gebruik volgende keer. Dis bietjie te suur. Of half asyn en half water meng.