WENKE – ASYN DEEL 1

FLR BB Template

WENKE – ASYN DEEL 1

Asyn & Gebruike

‘n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het, maak dit weer sag.

‘n Verfkwas met harde hare kan 30 minute lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel.

‘n Bietjie asyn in die olie, verhoud dat vleis wat in krummels gerol is, gou vasbrand

in die pan.

‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.

‘n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels.
Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn

Asyn en koeksoda maak vir ‘n baie goeie bleikmiddel, ontsmettingsmiddel (disinfectant) en werk beter as Handy-Andy.

Asyn en sout aan vleis gesmeer, sal verhoed dat dit gou bederf en vleis sag te maak.

Asyn en warm water kan ontslae raak van ‘n mierplaag.

Biervlekke kan uit ‘n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.

Citrus Soda en asyn maak ‘n aangebrande pot sommer vinnig skoon!

Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water waarin dit kook gegooi word.

Gebruik een deel asyn met twee dele lyn-olie in ‘n spuitbottel. Skud goed en spuit en smeer en poleer aan soos meubelpolitoer.

Gooi ‘n bietjie asyn en suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen.

Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder olie.

Gooi asyn by vleis om dit sag te maak.

Handdoeke wat hard uit die was kom – veral in brak water – word sag gemaak deur die handdoeke in warm water met seep en

ongeveer ‘n handvol sout by (los die sout op in die water) gegooi is. Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit.

Spoel weer maar gooi so 3 eetlepels wit asyn in die laaste uitspoelwater.

Bron- BOERERATE & VERBRUIKERS-WENKE




WENKE – POTTE SKOONMAAK

FLR BB Wenke

WENKE – POTTE SKOONMAAK

Wynand Chantelle Van Huyssteen
Aangesien potte en kos iets ingemeen het……kan iemand asb vir my se of daar n mengsel is wat jy kan aanmaak om potte mee skoon te skuur?? Dankie

Yolandi van den Heever
Die beste medisyne vir potte is pinegel… dit maak potte silwerskoon en lyk ook splinternuut.. en dis nie duur nie. Gebruik daai fyn skuurwol..

Leonie Steenekamp
Hello ladies and gents. Hoping someone can help. While cooking jam, my young niece got distracted and left the pot on the stove. There will be no jam. There is only a big black crust attached to the bottom of the pot. Is there a way to remove it and save the pot?
Iris Oosthuizen – Put vinegar in pot and boil it for about 10 to 15 min

Anna Marie Durand
Try dishwasher soap, put some soap and warm water boil and leave till tomorrow. Strongs…then steelwool and sunlight cake soap and elbow grease..

Silvia Van Eck
Sit milton onder in die pot sodat dit die brandsel bedek. Dit vreet dit weg. Ek het al erg gebrande potte so gered.

Francisca Vermeulen
Asyn is al wat sal help. Kook die asyn in die pot en was die pot dit sal werk.

Doné Smith
Yip, cooking the water & vinegar works well. For those last tough bits, simply spray the pot with normal oven cleaner, leave for a while and then wash.

Debre Lee Mustard
Brown vinegar trust me works wonders.

Lisinda Blaauw
Vinegar and some bicarbonate of soda if you have..other wise just vinegar will work too.  Leave it over night.

 




VINNIGE DOPPIES VAN GEMMERKOEKIES

doppiestested
VINNIGE DOPPIES VAN GEMMERKOEKIES

Vir die doppies gebruik gekoopte koekies, maak effens warm in mikrogolf, buig in handpalm of sit binne in vlak cupcake pannetjie om bakkie te maak.

Jy kan ‘n klapper koekie of ‘n oats koekie en soos bogenoem ‘n gemmerkoekie probeer.
Ek sit die koekies in ‘n sirkel op ‘n bord in die mikro vir so 40 sekondes. Jy moet vinnig werk wat dit koel gou af. Party koekies is vinnig sag en warm, ander kort nog ‘n paar sekondes. Dit verskil tussen tipe koekies ook.

Koekie doppies met soetvulsels: botterneut koekie met banofee (snytjie piesang karamelkondensmelk en room bo-op), gemmer koekies met suurlemoen en botterneut koekies met sjokolade haselneut.

Idee geplaas deur Brunhilda Venter




PASTEI KORS WENK

PASTEI KORS WENK
Sommer net ‘n lekker wenk:
As jy weer ‘n pastei maak, smeer mayonaise ipv eiergeel bo-oor die kors om dit ‘n mooi goudbruin kleur te gee – dit is heerlik!

BRON- Marelize Kotze




DIE REGTE MANIER OM N TAFEL TE DEK

2013-08-05-1010468_460409810721039_257095262_n




HOW TO DETERMINE IF AN EGG IS FRESH

bepaal of eiers vars is




WENKE VIR FLATERVRYE GELATIEN GEREGTE

 gelatien

WENKE VIR FLATERVRYE GELATIEN GEREGTE
1. Week die gelatienpoeier of – velle eers ‘n paar minute in koue water.
2. Die geweekte gelatien kan dan by ‘n warm mengsel ingeroer word. Die mengsel moenie kook nadat die gelatien bygevoeg is nie. Dit smaak sleg en voorkom stolling.
3. Roer met ‘n metaal lepel sodat jy makliker kan agterkom wanneer die gelatien opgelos het.
4. Voor jy geweekte gelatien by koue mengsels voeg, moet jy dit oor kookwater smelt.
5. Roer altyd eers van die koue mengsel by die opgeloste gelatien in. Moenie die gelatien regstreeks by die mengsel voeg nie.
6. Kook pynappel, papaja en vye voor jy dit met gelatien meng anders sal jou gereg nie stol nie. Rou granadilla voorkom ook stolling.




VOORKOM DAT SONNEBLOM SADE GROEN RAAK IN GEBAK

SONNEBLOM SAAD
VOORKOM DAT SONNEBLOM SADE GROEN RAAK IN GEBAK

Om te voorkom dat sonneblom sade groen raak wanneer jy dit in gebak gebruik saam met koeksoda, voeg so 10-15 ml appel asyn/witasyn by jou beslag, dit voorkom die verkleuring en breek ook die koeksoda smaak.

Rou sonneblomsade verkleur groen in mengsels wat koeksoda bevat indien hulle nie eers vinnig in ‘n bietjie olie of botter gebraai of in kookwater gaargemaak word nie.

Rina Kleinhans




LEKKER BROS AARTAPPEL SKYFIES

chips

 Ons het een aand n program gekyk en ek dink dit was Ina Paarman (praat onder korreksie) wat daarop was. Toe hulle haar vra hoe mens lekker aartappel- skyfies maak se sy, sy was net die aartappels, sny dit skil en al in skyfies, rol dit in aartappelmeel en bak dit dan in warm olie. Die skyfies is glad nie vetterig nie en lekker bros en heerlik. Ons is almal mal daaroor.

Rina Breet




HOU JOU GROEN GROENTE MOOI GROEN

groenbone
As mens net so ‘n kwart teelepel koeksoda by groen boontjies gooi as jy dit kook word dit nie bruin nie. Dit bly so heerlik groen.