GESTOLDE WORTELSLAAI
Gebruik yskoue koue ideal melk ipv room.
1 medium blik crushed pynappelstukke
4 koppies gerasperde wortels
1 pakkie pynappeljellie
3 teelepels gelatien, aangemaak met 2 eetlepels lou water
½ teelepel sout
¼ koppie suiker
2 teelepels suurlemoensap
1 blik Nestle room Continue reading
Category Archives: Slaaie / Salads
KOOL- EN DADELSLAAI
SOUS:
125 ml mayonnaise
50 ml kondensmelk
25 ml asyn
25 ml olie
Meng kool, kaas, dadels en grondbone saam. Meng die sousbestanddele saam. Giet oor slaai en meng goed. Besprinkel met pietersielie. Sit in yskas tot bediening.
Bron: Carol Elliott Claassen
AARTAPPELSLAAI
AARTAPPELSLAAI
Groot aartappel slaai resep:
10 klein tot medium groote varsgekookte aartappels
4 eiers
4-6 spring unions, in ringetjies gesny
½ rooi of groen paprika, in blokkies gesny
10 klein cherrie tamaties in kwarte gesny
1 groen appel Grannie Smit, geskil en in blokkies gesny
50 ml vars pietersielie, gekap
sout en peper, nutmeg en rooi paprika poeier
Dik mayonaisse (ek het ‘n basis mayonnaise sous wat ek in my yskas hou, meng die volgende
250 ml dik mayonaisse, Hellmans of miracle whipp
25 ml asyn
50 ml suiker
20 ml suurlemoensap
sout en peper Continue reading
GROOTMAAT KOOLSLAAI

GROOTMAAT KOOLSLAAI
(50 PORSIES)
6 koppies kool skoongemaak
8 koppies lemoene, pynappel of appels
4 ½ koppies rosyne of sultanas
Kondensmelkslaaisous:
https://www.foodloversrecipes.com/2013/05/kondensmelk-slaaisous/
Kerf kool fyn, sny die vrugte in stukkies en meng met kool, was droë vrugte af en meng met kool. Skep slaaisous oor en meng goed.
Slaai is beter indien dit 1 dag kan staan vir die geure om te meng.
NOEDELSLAAI MET TAMATIE
INGEMAAKTE SPAGHETTI
INGEMAAKTE SPAGHETTI
3½ kg tamaties
500 g uie
4 eetlepels appelkooskonfyt
1½ koppies suiker
1 koppie asyn
1 teelepel fyn naeltjies
1 teelepel peper
1 teelepel neutmuskaat
1 eetlepel sout
250 g egte botter
1 boks spaghetti
Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap. Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie Kook spagetti sag – nie pap nie. Water af. Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min. Bottel warm.
Resep en foto: Rina Kleinhans
KERRIE PIESANG SLAAI



KERRIE PIESANG SLAAI
½ koppie mayonnaise
½ koppie chutney
2 teelepels kerriepoeier (Mild)
bietjie suiker (kan dit vervang met kondensmelk)
Meng al die bestanddele saam en meng in saam met 3 gesnyde peisangs. Kerrie kan bygevoeg word na smaak. Jy kan ook meer mayonnaise of chutney byvoeg na smaak.
Nota: Cassandra Cassie: Ek sit net 2 piesangs ekstra anders dit te veel sous.
Foto: Cassandra Cassie
PIESANGSLAAI MET GRONDBONE


PIESANGSLAAI MET GRONDBONE
(regtig lekker en die moeite werd)
10 – 11 piesangs
¾ koppie gekapte grondbone of neute
2.5 ml mosterdpoeier
1 blik kondensmelk
Sap van 2 suurlemoene uitgedruk of 4 eetlepels sap uit die botteltjie en voeg by indien.
DUITSE WARM AARTAPPELSLAAI


DUITSE WARM AARTAPPELSLAAI
5 – 6 aartappels, gekook in skil
½ koolkop, gekook tot gaar maar nie pap
1 ui, gerasper
fyn spek, gebraai
sout, peper en asyn, na smaak
Skil aartappels en sny in blokke.
Meng dan die kool en gerasperde ui hierby in.
Daarna die gebraaide spek.
Voeg jou sout, peper en asyn by na smaak.
Resep geplaas deur Lena Smit
ERTJIESLAAI


ERTJIESLAAI
2 blikke KOO ertjies
½ ui, fyn gekerf
Maak aan met gewone mayonnaise, soveel as wat jy van hou. Ek het die nuwe Excella Wonder whirl gebruik, dit was sooo lekker dik en yummy.
Jy kan enige iets daar by meng soos heel pit mielies, pepper dew fyn gesny vir bietjie byt.
Resep geplaas deur Vanessa Fourie Willemse







