PIESANGSLAAI MET GRONDBONE
(regtig lekker en die moeite werd)
10 – 11 piesangs
¾ koppie gekapte grondbone of neute
2.5 ml mosterdpoeier
1 blik kondensmelk
Sap van 2 suurlemoene uitgedruk of 4 eetlepels sap uit die botteltjie en voeg by indien.
Plaas die mosterdpoeier in ‘n mengbak. Voeg kondensmelk by en roer deur. Voeg een kwart koppie suurlemoensap by en klits baie goed (gebruik elektriese klitser as jy een het). Voeg nou die res van die suurlemoensap bietjie vir bietjie by en klits totdat die kondensmelk styf is soos dik vla. Snipper helfte van die piesangs in slaaibak, skep helfte van die sous oor, snipper res van die piesangs oor en gooi die res van die sous bo-oor. Strooi die gekapte grondbone/neute bo-oor. Bedien lekker koud.
Maak seker dat die piesangs toe is onder die sous, dan word hulle nie swart nie, en kan ‘n hele rukkie staan. Kinders eet dit sommer as poeding so lekker is dit.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto deur Benhet Nieuwenhuis
geskuif
Going to try Rina Kleinhans recipe for banana salad,sounds lovely.