HOENDER GESTOP MET SPEK EN SAMPIOENE
Hoender gestop met spek en sampioene, is ook heerlik. Die bestanddele is volgens eie keuse.
1 heel hoender
spek
sampioene
uie
knoffel
botter vir braai
Ina Paarman gegeurde sout
aromat
swart peper
neutmuskaat
vars tiemie, gekap
vars pietersielie, gekap
1 eier
1 dagoud brood gekrummel
Braai die spek, sampioene, uie en knoffel in botter in ‘n pan op die stoof tot gaar.
Voeg die broodkrummels, gegeurde sout, aromat, swart peper, neut, vars tiemie en pietersielie en eier by die spekmengsel en meng goed deur. Laat die mengsel heeltemal afkoel, plaas in die yskas om goed koud te word.
Stop die heel hoender se maagholte vol met die vulsel. Plaas die gevulde hoender in ‘n oondbak met ‘n deksel en bak die hoender in ‘n voorverhitte oond by 200ºC tot die hoender gaar en mooi bruin is.
Nota:
Ek bak die hoender in ‘n swartpot in die oond. Dan voeg ek ook klein chippolata worsies saam met de hoender in die pot. Dit gee ‘n lekker smaak.
Resep: Louise Groenewald
One thought on “HOENDER GESTOP MET SPEK EN SAMPIOENE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









Done