
GROOTMAAT KOOLSLAAI
(50 PORSIES)
6 koppies kool skoongemaak
8 koppies lemoene, pynappel of appels
4 ½ koppies rosyne of sultanas
Kondensmelkslaaisous:
https://www.foodloversrecipes.com/2013/05/kondensmelk-slaaisous/
Kerf kool fyn, sny die vrugte in stukkies en meng met kool, was droë vrugte af en meng met kool. Skep slaaisous oor en meng goed.
Slaai is beter indien dit 1 dag kan staan vir die geure om te meng.






