AARTAPPELSLAAI
Groot aartappel slaai resep:
10 klein tot medium groote varsgekookte aartappels
4 eiers
4-6 spring unions, in ringetjies gesny
½ rooi of groen paprika, in blokkies gesny
10 klein cherrie tamaties in kwarte gesny
1 groen appel Grannie Smit, geskil en in blokkies gesny
50 ml vars pietersielie, gekap
sout en peper, nutmeg en rooi paprika poeier
Dik mayonaisse (ek het ‘n basis mayonnaise sous wat ek in my yskas hou, meng die volgende
250 ml dik mayonaisse, Hellmans of miracle whipp
25 ml asyn
50 ml suiker
20 ml suurlemoensap
sout en peper
Kook aartappels ongeskil tot net net gaar. Haal uit en kook die eiers tot hard. Laat afkoel en skil die aartappels en sny in medium blokkies.
In ‘n mengbak, druk 2 eiers fyn met ‘n vurk, gooi alles behalwe aartappels en paprika poeier in die mengbak en meng goed.
Sit nou die aartappels bietjie vir bietjie by en meng goed sonder om die aartappels te stukend te maak.
Sny die laaste 2 eiers in ringe en sit bo op die slaai en spinkel die rooi paprika poeier oor en sit so hier en daar ‘n paar vars stukkies pietersielie bo-op.
Laat in koelkas tot lekker koud. Sit voor in ‘n bak uitgevoer met vars slaaiblare vir die mooi daarvan!!
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer








