
PIKANTE MAALVLEIS EN RYS SKOTTEL
25 ml kookolie
1 groot ui gekap
250 ml rou rys
125 ml gekapte seldery
1 soetrissie ontpit en gekap
500 g maalvleis
1 blik tamaties (410 g)
125 ml groen of swart olywe gekap
10 ml rooirissiepoeier
5 ml worcestersous
Sout en swart peper
425 ml water
Verhit die oond tot 180°C. Verhit 12,5 ml van die olie in ‘n pan op die stoof en braai die ui daarin tot goudbruin. Voeg die rys, seldery en soetrissie by en braai nog 2 min. Skep die rysmengsel in ‘n gesmeerde oondskottel met ‘n deksel. Verhit die res van die olie en braai die maalvleis daarin tot bruin en los. Skep dit op die rysmengsel. Meng die res van die bestanddele en giet oor die maalvleis. Bedek en bak 45 min tot die rys gaar is.






