

MARIETTE SE KINKEL ROOMYS
2 Lt winkel roomys van jou keuse, ek het vanilla gebruik.
Laat roomys sag word en skep uit in arparte houer.
Pak laag lemon creams onderin roomys bak.
Skep laag roomys op koekies.
Laag Rolo’s op roomys.
Laag roomys op Rolo’s.
Sprinkel laaste laag roomys lekker met klapper en pak smarties op klapper.
Sit in vrieskas en probeer wag tot roomys weer lekker styf is, skep en geniet
Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze











