

ROOMYSKOEK A LA MADRI
2 liter vanilla en sjokolade roomys (kamertemperatuur)
Halwe glas Amarula likeur (opsioneel)
1 Pakkie Hazelnuts (heel)
1 Pakkie Boudoir koekies (in blokkies gesny)
1 Plak sjokolade (gerasper)
1 Blikkie Caramel treat
Meng saam (vulsel):
Caramel treat, boudoir koekies, 3/4 gerasperde sjokolade, 3/4 pakkie hazelnuts
Voer ‘n broodpan uit met cling wrap en laat daar aan elke kant nog genoeg cling wrap oorsteek om na die tyd die pan toe te maak bo. Skep nou met ‘n lepel ‘n lekker dik laag (4cm) roomys, skep nou 3cm laag vulsel en herhaal tot pan vol is. Eindig met roomys. Vou die cling wrap bo-oor dat die pan toegevou is bo. Sit vir tenminste 8 ure in vrieskas.
Bediening:
Neem ‘n mooi glasbord wat groot genoeg is vir die uitkeer van die roomyskoek. Sit pan in bietjie louwarmwater vir so 2 minute. Maak cling wrap oop. Sit die glasbord onderstebo bo-op die pan en keer om. Verwyder die cling wrap versigtig. Gooi nou Amarula likeur bo-oor. Pak hazelnuts bo-op die koek en sprinkel van die gerasperde sjokolade bo-oor. Sny lekker dik stukke koek en bedien onmiddelik. Koek smelt vinnig as hy nie hard genoeg gevries is nie.
Bron en Foto: Madri Henn






