ALTA SE GEPLUISDE VARK VULSEL
(PULLED PORK)
Smeermengsel:
kwart teelepel van volgende,
fyn naeltjies
fyn gemmer,
smoked paprika en
peper,
dan growwe sout
Smeer oor varkskouer ( myne was +- 4 kilogram ) bietjie suurlemoen sap en smeer die kruiemengsel bo-oor vark met vel kan na bo, Sny 3 groot uie in helfte en sit onder in bak, en ook 2 wortels in stukke gesny en bietjie water. Plaas vark op uie maak toe met foelie. Bak in die oond vir +- 5 ure op 200 grade. Wanneer die varkie sag is haal uit, trek vel af sit vel terug in oond op n skoon bak, bak tot die vel kraak. Trek vark fyn met twee vurke. Skep van die vet van die sous wat in die bak oor gebly het af en gooi die sous deur ‘n sif . Giet die sous weer oor die vark. As dit te vars is gooi nog smaak middels by, Dan neem jy bietjie bbq sous en meng met vark vleis, Gebruik soos nodig
Bron en foto: Alta Gunter Van Dyk