

MARIETJIE SE TUISGEMAAKTE ROOMYS
500 ml room klits tot styf.
Vou in 1 blik kondensmelk.
Voeg by wat jy het en na smaak – hier het ek aarbeie wat ingele was, turkish delight blokkies, cherries, rose syrup, kraaltjies bygesit.
Vou alles in en skep in ‘n plastiekbak.
Bo oor turkish rose drizzle en kraaltjies oorgestrooi
Plaas in die vrieskas en laat vries.
Dis heerlike roomys
Bron en foto: Marietjie Nel






