MARIETTE SE KINKEL ROOMYS

MARIETTE SE KINKEL ROOMYS
2 Lt winkel roomys van jou keuse, ek het vanilla gebruik.
Laat roomys sag word en skep uit in arparte houer.
Pak laag lemon creams onderin roomys bak.
Skep laag roomys op koekies.
Laag Rolo’s op roomys.
Laag roomys op Rolo’s.
Sprinkel laaste laag roomys lekker met klapper en pak smarties op klapper.
Sit in vrieskas en probeer wag tot roomys weer lekker styf is, skep en geniet
Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze




FIRST CHOICE ROOMYS

 

FIRST CHOICE ROOMYS
My eerst poging om roomys te maak met First Choice velvet vanilla flavoured dairy dessert.
Het gevriede granadillapulp bygevoeg. Smaak heerlik. Ek kon 2 Roomys bakke vol maak
Jy koop n boks hiervan . Daar is verskeie geure. Ek het vanilla gevat. Oornag in yskas en klits styf tot volume verdubbel. Skep in bakke en vries.
Jy kan enige iets bysit om dit bietjie meer flair te gee.
Dis nie n romerige roomys nie bietjie meer yserig maar nog steeds baie lekker
Foto en resep:  Wilma Batt

Monica Beukes
Ek gebruik dieselfde om my roomys koeke te versier. Kry nie makliker nie😁




MAKE YOUR OWN KING CONE


MAKE YOUR OWN KING CONE
Recipe posted by Petro van Genderen
Photo: Petro van Genderen
FOOD LOVERS RECIPES
My king cone… Peppermint Crisp!
2 tins Nestle caramel
5 bars of Peppermint Crisp (49 g)
2 cups cream
1 vanilla pod, ek het net vanilla essence gebruik
8 sugar cones
8 sheets baking paper

Place 1 tin of caramel in a bowl and paddle with a spatula until caramel is smooth. Grate three of the Peppermint Crisp bars on a fine grater and break the other two bars into large chunks for garnish later.
With a mixer whisk cream and vanilla until firm.
Fold cream into softened caramel and fold through grated peppermint. Set mixture aside.
Wrap sugar cones in paper to form a coller and secure it with tape. Place the other tin of caramel in a piping bag and pipe some into the bottom of each cone. Fill cones with Peppermint Crisp mixture so it sticks up above the cone.
Place standing up in the freezer, preferably overnight. (we cut holes in upturned old ice cream containers to hold them)
When you are ready to serve, remove the collars and garnish with Peppermint Crisp chunks.

 




PEPPERMINT ROOMYS TERT


PEPPERMINT ROOMYS TERT
Hierdie is n MOET probeer:
Wat jy benodig is:
1 pakkie tennis beskuitjies
1 Blikkie karamel kondensmelk
2 L vanilla roomys
Peppermint crisp sjokolade
Pak die bodem van ‘n glasbak toe met koekies
Meng die blikkie karamel met die 2 L vanilla roomys
Rasper die helfte van die peppermint sjokolade in en meng goed.
Sit nou die mengsel bo-op die koekies en rasper res van die peppermint crisp bo-oor
Sit in vrieskas om te stol.
Resep en foto:  Louwna Fourie




SEMIFREDO – ITALIAANSE ROOMYS

SEMIFREDO – ITALIAANSE ROOMYS
250 donker sjokolade, smelt en laat afkoel
4 groot eiers, geskei, wit styfgeklop tot sagte punt stadium
50 g strooisuiker
5 ml kakao
5 ml vanilla
500 ml volroom room
1 pakkie Amaretti beskuitjies

Klits eiergele en vanilla saam. Voeg gesmelte sjokolade by en klits goed. Meng room daarby en klits tot dik. Neem Amaretti beskuitjies, druk  fyn en vou by. Vou eierwitte versigtig in en meng deeglik. Voer twee medium broodpanne met kleefplastiek uit. Skep vulsel in panne en vries vir omtrent 4 ure. Garneer soos verkies met bediening.

Resep geplaas en foto: Marie Coetzee




TUISGEMAAKTE “SOFT SERVE” ROOMYS


TUISGEMAAKTE “SOFT SERVE” ROOMYS
Ek het die op die voedselkanaal gesien en gemaak. Die dame het dit “soft serve” genoem. In kort is dit Italiaanse meringue met room
2 eierwitte,
125 gr suiker,
62,5 ml water,
125 ml room of orleywip.
1/2 teel geursel
Plaas suiker en water in swaarboom kastrol, verhit oor meduim hitte en kook tot sagte bal staduim. Sodra dit begin kook, moenie roer nie. Klits die eierwitte met mespunt kremetart tot ‘”soft peak” staduim met meduim spoed. Hou aan klits terwyl stroop stadig bygevoeg word. Sodra al die stroop ingeklits is, verhoog spoed en klits tot glansend. Laat afkoel.
Klits room tot styf. Voeg geursel by. Vou in by afgekoelde eierwitte tesame met enige iets wat jy graag wil byvoeg. Gekapte kersies of sjokolade.
Skep in bak en lekker tuisgemaakte roomys.
Smelt nie.
Hou n week in die yskas en ‘n maand in die vrieskas.
Kan vir kinders in cones geskep word sonder vrees dat hulle orals gaan mors

Resep en foto:  Maritha Fourie Theron




KINKEL ROOMYS


KINKEL ROOMYS
2 lt vanilla roomys
500 ml choc chip yogurt
1/2 kp choc chips
1 kp klapper
1 kp cranberries
Granaat pitte
Vanilla geur wafer beskuitjies

Laat roomys versag by kamertemperatuur. Meng yogurt, choc chips, cranberries en klapper deur. Skep helfte van mengsel in houer en sit wafers bo-op. Plaas in vrieskas tot gestol. Haal uit vrieskas en skep res van roomysmengsel op wafers, versier met granaatpitte. Plaas terug in vrieskas tot gestol, of oornag.
Hierdie was my probeerslag, maar kan afwissel met enige geur yogurt, regtig lekker.

Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze




DEON SE TUISGEMAAKTE ROOMYS

DEON SE TUISGEMAAKTE ROOMYS

1 blikkie yskoue ideal melk styf geklop.
500 ml room.
125 ml strooisuiker
5 ml vanilla essense.
Gooi die strooisuiker en vanilla by die room en klop styf.
Vou die room mengsel by die styf geklitste ideal melk in met ‘n metaal lepel en gooi enige iets lekker by.  Meng net deur met metaal lepel moenie klits nie.
Ek het cherries, meringue, neute en choc chips gebruik.
Plaas in houer en Vries oornag en VOILA!!!!!!

FOTO EN RESEP:  Deon Rossouw




MARIETJIE SE TUISGEMAAKTE ROOMYS

MARIETJIE SE TUISGEMAAKTE ROOMYS

500 ml room klits tot styf.
Vou in 1 blik kondensmelk.
Voeg by wat jy het en na smaak – hier het ek aarbeie wat ingele was, turkish delight blokkies, cherries, rose syrup, kraaltjies bygesit.
Vou alles in en skep in ‘n plastiekbak.
Bo oor turkish rose drizzle en kraaltjies oorgestrooi
Plaas in die vrieskas en laat vries.
Dis heerlike roomys
Bron en foto: Marietjie Nel




ROOMYSKOEK A LA MADRI

ROOMYSKOEK A LA MADRI

2 liter vanilla en sjokolade roomys (kamertemperatuur)
Halwe glas Amarula likeur (opsioneel)
1 Pakkie Hazelnuts (heel)
1 Pakkie Boudoir koekies (in blokkies gesny)
1 Plak sjokolade (gerasper)
1 Blikkie Caramel treat
Meng saam (vulsel):
Caramel treat, boudoir koekies, 3/4 gerasperde sjokolade, 3/4 pakkie hazelnuts
Voer ‘n broodpan uit met cling wrap en laat daar aan elke kant nog genoeg cling wrap oorsteek om na die tyd die pan toe te maak bo. Skep nou met ‘n lepel ‘n lekker dik laag (4cm) roomys, skep nou 3cm laag vulsel en herhaal tot pan vol is. Eindig met roomys. Vou die cling wrap bo-oor dat die pan toegevou is bo. Sit vir tenminste 8 ure in vrieskas.
Bediening:
Neem ‘n mooi glasbord wat groot genoeg is vir die uitkeer van die roomyskoek. Sit pan in bietjie louwarmwater vir so 2 minute. Maak cling wrap oop. Sit die glasbord onderstebo bo-op die pan en keer om. Verwyder die cling wrap versigtig. Gooi nou Amarula likeur bo-oor. Pak hazelnuts bo-op die koek en sprinkel van die gerasperde sjokolade bo-oor. Sny lekker dik stukke koek en bedien onmiddelik. Koek smelt vinnig as hy nie hard genoeg gevries is nie.
Bron en Foto: Madri Henn