

PETRE SE HANEPOOTKONFYT
3 kg druiwe
2.5 kg suiker
3 eetlepels bruinasyn
2 eetlepels suurlemoensap Continue reading


PETRE SE HANEPOOTKONFYT
3 kg druiwe
2.5 kg suiker
3 eetlepels bruinasyn
2 eetlepels suurlemoensap Continue reading→



AFRIKA KOMKOMMER KONFYT
1 kg Afrika komkommer pulp (binneste gedeelte sonder die skil) (Ook bekend as varkies)
750 g suiker
50 ml suurlemoensap
2 ml sout
Meng bestanddele en laat staan vir 30 min.
Kook stadig in ‘n dikboom kastrol tot dik.
Voeg 5 ml gelatien by om sandsuiker te voorkom.
Bottel warm.
Resep: Betsy Bruwer
Foto 2: Sharon Cronje


PETRE SE MIKROGOLF VYEKONFYT
1.5 kg vye geskil en in stukke gesny
900 g suiker
3 heel naeltjies
‘n goeie spuit suurlemoensap
Neem n diep oondvaste bak…. gooi vye, suiker, naeltjies en suurlemoensap daarin… roer goed…. smeer rand van bak met botter…mikrogolf op hoog vir 5 minute…. haal uit en roer goed deur totdat al die suiker opgelos is…. mikrogolf dan verder op hoog vir 25 minute.. Haal uit…. roer deur en bottel dadelik…
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld


VERSUIKERDE LEMOENSKYWE
1 kg dikskil-lemoene wat nie met was bedek is nie (organies)
600 g suiker
Koue water
Sny die lemoene in dun skywe.
Pak dit in lae in ‘n swaarboompan en besprkinkel elke laag met ‘n bietjie van die suiker.
Bedek met koue water. Sit ‘n sirkelgesnyde stuk foelie of waspaper bo-op om verdamping te voorkom.
Prut, met die deksel op, vir 2 ure totdat die skywe sag is en die vloeistof ‘n stroperige tekstuur het (maak 500 ml)
Bron: Leanne Faddel



GIDEON SE VYEKONFYT
Ekt nog ‘n pluksel vye gepluk om konfyt mee te kook
Dit het baaasie mooi uitgekom en is baie lekker
4 kg ryp geskilde vye
3 kg suiker
1 eetlepel suurlemoensap ( word ingeroer net voor klaar gekook is )
Gooi die suiker oor die vye en laat staan oor nag
Gooi oor in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt ( ek probeer dit so min moontlik roer omdat die vye ryp en sag is en kan maklik stukkend en wegkook ) Continue reading→


KEIAPPELJELLIE
Gebruik keiappels wat nie oorryp is nie
Was en sny die vrugte oop.
Plaas in `n pot met genoeg water om dit te bedek. Kook tot die vrugte sag en die water lymerig is.Moenie roer terwyl dit kook nie As die vrugte vassit aan die bodem van die pot maak dit versigtig los met `n houtlepel.
Maar moenie roer nie dit veroorsaak dat jou jellie troebel word.
Syg dit deur `n doek.Dit is belangrik dat die sap vanself deur die doek loop. Continue reading→




PETRE SE FYN VYEKONFYT
3 kg ryp vye
2.5 kg suiker
4 heel naeltjies
3 spuite suurlemoensap
Botter om die pot se rand te smeer
Berei die vye voor, skil en sny soos verkies. Plaas gesnyde vye in die pot op die stoof en voeg die res van die bestanddele by. Continue reading→


PETRE SE FYN TAMATIEKONFYT
3 kg tamaties fyn gemaal
2.5 kg suiker
4 heel naeltjies
3 spuite suurlemoensap
Botter om pot se rand te smeer
Meng fyngemaalde tamaties , naeltjies en suiker tot n stroop. Smeer pot se rand met botter. Kook op hoog vir 30 minute… voeg suurlemoensap by en kook nog 5 minute… Bottel warm
FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld


MARIETA SE PEERKONFYT
(eindproduk van 1.5 kg pere)
1 kg pere, afgeskil en in stukkies gesny
1 kg suiker
2 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepel kaneel
1 teelepel neutmuskaat, opsioneel
Kook oor lae hitte vir ongeveer 1 uur. Roer af en toe.
Druk fyn “mash” met aartappeldrukker aan die einde van die kookproses.
Voeg dan die suurlemoensap, kaneel en neutmuskaat by. Roer deur en bottel warm.
Onthou die vog moet verdamp. Jy kan dit toets. Sal sommer sien dit is dik en taai.
Pere kook gou sag, so ± 1 uur altesaam.
Bron en foto: Marieta James


WHOLE GREEN TOMATO JAM
(She normally cooks 2kg per batch)
Green tomatoes, prick with a fork
Ginger
Sugar
Water
Lemon Juice
Slaked Lime (can be bought at Pharmacy, called Pickling Lime in the UK and can be ordered online)
Method:
Make a mixture of 5 litres water and 25ml of the slaked lime. Soak the tomatoes in this mixture for one day. Stir regularly while the tomates are in the water mixture. Continue reading→
You cannot copy content of this page
